Pous vra vir einde aan bomaanvalle in Sirië
Sirië word gemartel deur aanhoudende aanvalle op burgerlikes in die oostelike distrik van Ghouta buite Damaskus, sê pous Franciskus.
Die pous het Sondag 'n beroep op 'n onmiddellike beëindiging van die geweld gedoen sodat humanitêre noodlenigingswerk gedoen kan word.
“Dit is onmenslik,” het die pous in sy diens aan derduisende mense in die St. Petrusplein in die Vatikaanstad gesê.
Die pous se oproep Sondag volg enkele ure nadat die Verenigde Nasies 'n resolusie aanvaar het vir 'n skietstilstand van dertig dae reg oor Sirië in 'n poging om erg beseerdes uit die land te kry en noodlenigingswerk in die land te doen.
“In hierdie dae is my gedagte dikwels by die geliefde en gefolterde Sirië. Jy kan nie boosheid beveg met 'n ander soort boosheid nie,” het die pous gesê en toe vir 'n minuut van stille gebed gevra, berig Reuters.
Ondanks die skietstilstand is ten minste ses mense Sondag in hernieude lugaanvalle in Ghouta dood, berig SkyNews.
Dokters Sonder Grense raam die aantal dooies op meer as 520 sedert Ghouta verlede week onder bomaanvalle van die Siriese regering begin deurloop het, berig The Guardian.
Volgens 'n berig in dié Britse dagblad sê die White Helmets, 'n burgerlike reddingsorganisasie, meer as 350 mense is in die eerste vier dae van die bomaanvalle dood.
Die bomme bemoeilik die werk van reddingswerkers wat beseerdes onder die puin wil uitgrawe.
Volgens The Guardian word mediese teikens ook uitgesonder met die bomaanvalle. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie