Pous wil Suid-Soedan met Anglikaanse leier besoek
Pous Franciscus het Sondag gesê hy wil saam met die leier van die Anglikaanse kerk 'n besoek aan Suid-Soedan bring om aandag te vestig op die leiding van mense in dié burgeroorlog- en hongersnood-geteisterde land.
Franciscus het die opmerkings gemaak tydens 'n besoek aan Rome se Anglikaanse kerk. Dit was die eerste besoek van 'n pous aan die kerk.
Die kerk het Sondag sy 200ste bestaansjaar herdenk.
“My personeel en ek bestudeer die moontlikheid van 'n besoek aan Suid-Soedan,” het die pous in antwoord op 'n vraag oor Christelike kerke in Afrika gesê.
Hy het daarop gewys dat hy in Oktober 2016 in Rome deur Katolieke-, Episkopale- en Presbiteriaanse biskoppe besoek is om die omstandighede in hul land te bespreek en hom uitgenooi het om die land te besoek.
Franciscus sê hulle het aan hom gesê “moenie alleen kom nie, kom met Justin Welby, die aartsbiskop van Kantelberg”. Welby is die geestelike leier van die wêreldwye Anglikaanse gemeenskap, wat ongeveer 85 miljoen lede het en die derde grootste Christelike denominasie is. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie