Powell beloon vir Blitse se sukses
Powell beloon vir Blitse se sukses

Powell beloon vir Blitse se sukses

Sewesrugby
George Germishuys - Nadat sy span Sondagaand as kampioene van die Parys-sewestoernooi én die Wêreld-sewesreeks gekroon is, is Neil Powell ook as die Afrigter van die Reeks aangewys.

Powell, wat die Blitsbokke verlede jaar ook tot die Parys- en Wêreldreeks-titel gebrei het, se span was die afgelope sewe maande 'n toonbeeld van bestendigheid en het minstens die halfeindronde in al tien toernooie gehaal.

Die Blitsbokke het uiteindelik twee toernooie gewen (Dubai en Parys); was drie keer die naaswenners (Sydney, Hamilton, Londen), het drie bronsmedaljes (Kaapstad, Vancouver en Hongkong) verower en was in Las Vegas en Singapoer vierde.

Powell verdien ook lof vir die nuwe geslag spelers wat hy in 2018 aan internasionale sewes­rugby blootgestel het. Suid-Afrika het altesaam 28 spelers in die 2017-'18-Wêreldreeks ingespan.

Powell het by Wêreldrugby se sewes-prysuitdeling in Parys sy span geloof vir hul onwaar­skynlike oorwinning in die Franse hoofstad nadat hulle vroeg in die toernooi teen Skotland verloor en ook gesukkel het om Rusland en Spanje te klop.

Sy span het ook 'n agterstand van sewe punte op die algehele puntelys uitgewis om eindelik twee punte bo Fidji te eindig nadat die stof gaan lê het.

“Ons het alles gehad om voor te speel en die span het ongelooflike goeie werk verrig, nie net vandag nie, maar die hele seisoen,” het Powell gesê.

“Daar is soveel mense wat so hard werk vir hierdie span en hulle is ook vandag beloon.”

Die Blitse sal egter spoedig hul fokus ver­skuif na die Wêreldbekertoernooi, wat van 20 tot 22 Julie in San Francisco beslis word. Die samestelling van die span sal kopkrap van Powell verg omdat talle spelers wat gewoonlik sy tweede keuses is, skitterend in Parys vertoon het.

Veral Dewald Human, wat laat in die groep ingesluit is ná beserings aan Cecil Afrika en Branco du Preez, het gewys hy is 'n speler om mee rekening te hou. Hy is as die Speler van die Eindstryd aangewys. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!