• Tuisblad
  • Sake
  • PPC kry pak toe samesmelting wéér doodloop
PPC kry pak toe samesmelting wu00e9u00e9r doodloop
PPC kry pak toe samesmelting wu00e9u00e9r doodloop

PPC kry pak toe samesmelting wéér doodloop

Niel Joubert - Die samesmelting van twee van Suid-Afrika se grootste sementvervaardigers, PPC en Afrisam, is weer van die baan.

PPC probeer nou al jare lank om met AfriSam, een van sy grootste mededingers, saam te smelt. Die poging is daarop gemik om mededinging in die sementbedryf te verminder - PPC het in sy jaarresultate gesê hy moet sement teen ’n minimale wins verkoop om mededingers die stryd aan te sê.

Vir die boekjaar kon die maatskappy in Suid-Afrika slegs 2% meer sement volgens volume verkoop. Die inkomste uit sement was egter onveranderd.

Die maatskappye het in Februarie die voorneme bekend gemaak om saam te smelt, maar hulle het Vrydag gesê die huidige gesprekke het tot ’n einde gekom. Daar was in 2014 ook sprake van ’n samesmelting.

PPC was Vrydag een van die groot verloorders op die JSE ná dié aankondiging en sy aandeelprys het in ’n stadium met byna 8% tot R4,87 gedaal.

Die maatskappy se aandeelprys het oor die afgelope jare van ’n stewige R45 tot so min as R3,44 geval.

PPC het in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê AfriSam het hom in kennis gestel dat hy nie die huidige voorwaardes van die samesmelting aanvaar nie.

AfriSam het egter aangedui dat hy van plan is om ’n nuwe voorstel in te dien oor ’n moontlike samesmelting tussen die twee maatskappye.

PPC sê die uitkoms van die gesprekke kan ’n wesenlike invloed op sy aandeelprys hê. Aandeelhouers is gemaan om die aandele met omsigtigheid te verhandel totdat ’n verdere aankondiging oor die aangeleentheid gedoen word.

Darryll Castle, wat in 2015 in die plek van Khetso Gordhan as uitvoerende hoof aangestel is, het in Julie bedank. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!