PPC styg skerp nu00e1 Dangote-verklaring
PPC styg skerp nu00e1 Dangote-verklaring

PPC styg skerp ná Dangote-verklaring

Die vryers na PPC raak al hoe meer en dit kan moontlik lei tot ’n bod-oorlog vir dié Suid-Afrikaanse sementreus.

PPC het gister in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, gesê Dangote Cement stel ook in hom belang.

Dangote Cement is die maatskappy van Aliko Dangote, die rykste persoon in Afrika.

PPC het op 4 September gesê hy het voorstelle gekry van twee maatskappye wat belangstel om ’n pan-Afrika-sementmaatskappy te skep.

“PPC bevestig dat hy niebindende kommunikasie van belangstelling ontvang het van Dangote Cement vir die verkryging van die totale aandelekapitaal van PPC,” sê die maatskappy.

Die direksie sal die voorstel oorweeg en ’n verdere aankondiging doen nadat hy daaroor besluit het, sê PPC.

Dié aankondiging van PPC kom nadat die Kanadese Fairfax en AfriSam, PPC se plaaslike mededinger, vroeër vandeesmaand ook ’n aanbod vir PPC gedoen het.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), die grootste aandeelhouer in PPC, is egter ten gunste van AfriSam en Fairfax se aanbod, volgens bronne met kennis van die saak.

Die OBK besit sowat 11% van PPC en sowat 60% van AfriSam.

LafargeHolcim, die wêreld se grootste sementvervaardiger, “hou ook die situasie dop”, het bronne aan Bloomberg gesê.

PPC sê die transaksie kan, indien dit sou voortgaan, ’n wesenlike invloed op sy aandeelprys hê. Aandeelhouers word dus gemaan om PPC se aandeel met omsigtigheid te verhandel totdat ’n verdere aankondiging gedoen word.

PPC se aandeelprys het gister in ’n stadium met byna 5% gestyg ná die aankondiging.

Die maatskappy is sowat R9,7 miljard werd, terwyl Dangote, wat in Lagos in Nigerië genoteer is, ’n markwaarde van sowat US$10 miljard het.

“Dangote het die vermoë om die transaksie te laat gebeur,” sê Pabina Yinkere, ’n ontleder by Vetiva Capital Management van Lagos. “Dangote is ’n baie likiede maatskappy met sterk kontantvloei. Dit is ’n goeie strategie en een wat Dangote sal help om sy leierskap in die Suid-Afrikaanse mark te konsolideer.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!