PPC verhoog sementpryse
Drie van PPC produksielyne gaan einde 2018 uit bedryf gestel word omdat dit nie energiedoeltreffend is nie.
Nellie Brand-Jonker
PPC sê verkope van sement het in die kwartaal tot einde Desember in Gauteng en ander binnelandse streke gedaal nadat hy pryse opgestoot het.
Die daling in die aantal sakke sement wat verkoop is, is naby aan 10%, vergeleke met die ooreenstemmende kwartaal die vorige jaar.
In die Wes-Kaap het die volumes sement wat van Oktober tot Desember verkoop is, sterk gestyg.
PPC se totale sementverkope in Suid-Afrika is effens laer vir die kwartaal.
Die sementvervaardiger sê in die eerste nege maande van sy boekjaar is 4% meer sement verkoop as in die ooreenstemmende tydperk. Dit is nadat die gemiddelde prys waarteen sement verkoop is, met 4% gedaal het.
Die maatskappy se boekjaar eindig einde Maart.
Verdere prysverhogings is vanaf 1 Februarie in sekere streke aangekondig.
Die impak daarvan sal in die gemiddelde verkoopprys in die komende paar maande gesien kan word.
In Zimbabwe, Rwanda en Botswana het PPC se sementverkope met 9% in die nege maande gestyg.
Skuld daal
PPC sê sy balansstaat wat teen September wesenlik minder skuld gehad het, het verder verbeter nadat sy eerste bemagtigingstransaksie afgehandel is.
Dié transaksie het 'n kontantinspuiting van R1 miljard in Desember vir PPC meegebring wat gebruik gaan word om sy skuld verder te verminder.
Die transaksie is in 2008 aangegaan. Die voltooiing van die transaksie het daartoe gelei dat van die aandeelhouers in die bemagtigingstransaksie 15,6 miljoen aandele in PPC ontvang het.
Die voltooiing van die transaksie het egter sy SEB-telling verlaag en die maatskappy het begin werk aan 'n nuwe transaksie.
Meer inligting oor 'n nuwe bemagtigingstransaksie sal in die eerste helfte van 2017 aan beleggers gekommunikeer word.
Slurry uitgebrei
Die geld sal ook aangewend word om kapitaaluitbreiding te finansier, spesifiek die Slurry-myn wat suid van Zeerust in Noordwes geleë is.
Die nuwe Slurry-oond vorder goed en behoort in die eerste helfte van 2018 in bedryf te kom.
Die eerste kalkklip is in 1913 op Rietvlei gevind en in 1916 is die eerste sement daar vervaardig.
Dit is die vyfde produksielyn wat nou gebou word. Die maatskappy het in 'n dokument op sy webtuiste wat nou aan beleggers uitgereik is, gesê die kalkklip in die gebied is genoeg vir 41 jaar se ontginning.
Drie van sy produksielyne gaan einde 2018 uit bedryf gestel word omdat dit nie energiedoeltreffend is nie. Nog een van die produksielyne gaan vanaf April 2020 nie meer voldoen aan die perke vir stofvrystelling nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie