PPEu2019s steeds vir begrafnisse gebruik
PPEu2019s steeds vir begrafnisse gebruik

PPE’s steeds vir begrafnisse gebruik

Die manier waarop Covid-19-verwante sterftes begrawe word, ontneem familie van afsluiting.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

’n Private begrafnisondernemer op Rundu moes die naweek vir die staat instaan vir ’n Covid-19-verwante begrafnis omdat hulle nie ’n voertuig en toerusting beskikbaar gehad het om dit te hanteer nie.

Die begrafnis is deur ses persone gehanteer wat ten volle in persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) geklee was. Twee was personeellede van Angels Funerals Services, twee werknemers van die staat se lykhuis en ook twee dokters.

Dié proses was in weerwil van protokol van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en wat deur Namibië onderskryf word, dat sulke maatreëls nie by Covid-19-verwante begrafnisse vereis word nie.

Die WHO-regulasies stel dit duidelik geen bewyse bestaan dat persone met Covid-19 besmet is nadat hulle blootgestel is aan die oorskotte van mense wat aan die siekte beswyk het nie. Nóg lyksakke nóg spesiale toerusting of voertuie is nodig om die liggaam te vervoer. Personeel betrokke by die plaas van die liggaam in die graf moet handskoene dra en hul hande met seep en water was wanneer die begrafnis afgehandel is. Begrafnisgangers word wel beperk en moet ten alle tye sosiale afstand handhaaf en moet protokol met betrekking tot persoonlike higiëne en maskers volg.

Gesondheidswerkers of personeel van lykhuise wat die liggaam voorberei vir ’n begrafnis, moet volgens die WHO gepaste PPE’s volgens standaard voorsorgmaatreëls dra en wat onder meer handskoene en mediese maskers insluit.

Volgens mnr. Neels van der Walt van Angels Funeral Services is die begrafnisondernemer gevra om ’n kis te voorsien en om met die begrafnis te help, omdat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nie oor ‘n voertuig en toerusting beskik het nie.

Van der Walt sê almal betrokke het PPE’s aangehad, terwyl die voertuig en toerusting wat tydens die begrafnis gebruik is, ná afloop ontsmet is. Volgens hom is die liggaam by die staatslykhuis versorg en in drie sakke geplaas, voordat dit in die kis geplaas en dit verseël is. Elke sak is ook afsonderlik geseël.

Ses persone was by die teraardebestelling betrokke, wat geen familie ingesluit het nie. Laasgenoemde het volgens hom wel “op ’n afstand gestaan en kyk”.

Volgens Van der Walt veroorsaak die proses nog meer emosionele trauma by mense wat reeds iemand aan die dood moes afstaan.

“Dit vat die afskeid en daar is geen afsluiting nie.”

Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, het by navraag gesê ’n persoon wat aan Covid-19-verwante oorsake sterf, word deur die staat begrawe en nie deur die familie nie. Laasgenoemde hanteer wel die reëlings wanneer die persoon veras word.

Volgens Shangula moet almal wat die liggaam hanteer PPE’s dra. Hy het beklemtoon “alle rituele wat met ’n begrafnis verband hou” word toegelaat. Familielede word ook toegelaat om getuies van die begrafnis te wees.

Volgens ’n inwoner van die dorp is die persoon wat die naweek oorlede is, “vinnig in ’n stuk grond langs die rivier” begrawe. Na bewering is “drie bome platgestoot” om vir die graf plek te maak.

Die direkteur van gesondheid vir Kavango-Oos, me. Timea Ngwira, het erken private ondernemers is vir die begrafnis gebruik. Volgens haar is dit egter gewoonlik ’n staatsbegrafnis.

“Gewoonlik begrawe die staat die oorledene en kry slegs die kis by ’n private ondernemer,” het sy gesê. Ngiwara is tans in kwarantyn wat volgens haar die rede is hoekom noodgedwonge ander planne gemaak moes word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!