Praatjie oor jag in bewaringsgebiede
Praatjie oor jag in bewaringsgebiede

Praatjie oor jag in bewaringsgebiede

Francoise Steynberg
Die Namibië Natuurstigting (NNF) bied volgende week Donderdag (5 Oktober) om 18:00 'n Park Talk-praatjie oor die herposisionering van jag in Namibië se kommunale bewarings­gebiede aan.

Dit sal by die Franko-­Namibiese Kultuursentrum (FNCC) plaasvind.

“In 'n Namibiese konteks word die verband tussen jag, natuurbewaring en die ekonomie van biodiversiteit verstaan, maar daar is enorme internasionale druk op jag, veral trofeejag,” sê die NNF.

In reaksie hierop en op die potensiële impak wat dit op Namibië se Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne Bestuurprogram (CBNRM) het, het die NNF saam met die Sorris Sorris- kommunale bewaringsgebied en 'n wye reeks vennote gewerk om te kyk na maniere waarop jag in bewaringsgebiede bevorder kan word.

Die Finse ambassade in Namibië se Fonds vir Plaaslike Samewerking het die finansiering hiervoor verskaf.

“In die Finse mark is hierdie tipe plaaslike vleisjag deel van die nasio­nale jagkultuur,” sê die NNF.

Terselfdertyd het die projek, onder leiding van die ministerie van die omgewing en toerisme, tot 'n groter inisiatief bygedra om jag te herposisioneer sodat dit as 'n relevante instrument vir bewaring en ontwikkeling bevorder kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!