Praktiese aspekte van u2018n boedel
Praktiese aspekte van u2018n boedel

Praktiese aspekte van ‘n boedel

Regsake vir boere
Ronelle Rademeyer
Die nuwe jaar het begin en ons is geseënd met wonderlike reën in Namibië wat veral families met boerderyebelange se harte baie bly maak.

Vandag wil ek twee praktiese vrae wat gereeld aan my gestel word, beantwoord.

1. Watter bates van die oorledene val in sy of haar boedel?

Alle vaste bates wat geregistreer is in die naam van die oorledene, asook alle vaste bates geregistreer in die naam van ‘n beslote korporasie waarvan die oorledene ‘n lid was. Met ander woorde die ledebelang in die korporasie; alle roerende bates wat in die oorledene se naam geregistreer is (insluitende die lewendehawe); voertuie; aandele; vuurwapens; bankrekening en beleggings. Wat wel uitgesluit is uit die boedelk is versekeringspolisse en die pensioen van die oorledene. Laasgenoemde bates word direk aan die erfgenaam aan wie dit bemaak is, uitbetaal. Ek raai almal aan om met hul versekeringsmakelaar kontak te maak om vas te stel wie in die polisse benoem word as die erfgenaam van die polisse. Maak seker dat die polisse nie aan jouself of jou boedel bemaak word nie, aangesien die polisse dan wel in die boedel sal val.

Let asseblief daarop dat ‘n persoon nie bates kan uitlaat uit sy inventaris nie, of die inligting van bates van ‘n beredderaar kan weerhou nie. Dit sal tot gevolg hê dat die bates nie beredder word nie en dit lei tot groot praktiese probleme, aangesien die bates dan nie aan ‘n erfgenaam oorgedra kan word nie.

Sien my artikel in Die Boer van September 2019 getiteld "Die inventaris, boedelbates en hul waardes". Daar word die punt meer breedvoerig bespreek. Die artikel is beskikbaar op my webblad by www.marindacoleman.com.

Onthou dus, moet nie in ‘n poging om beredderingskoste te bespaar, inligting oor bates weerhou van die beredderaar nie. Dis nie die moeite werd nie.

2. Waar kry die familie geld om uitgawes te betaal terwyl die boedel beredder word?

Die beredderaar het baie magte waar kragtens hy of sy die kontantprobleme van die erfgename kan oplos, maar eerstens moet die eksekuteursbrief uitgereik word deur die Meester. Ons het geen magte voor die eksekuteursbrief nie uitgereik is nie.

Sodra ons in besit is van ‘n eksekutersbrief kan ons begin om die boedel te beredder.

Indien daar genoeg kontant in die boedel is, kan ons die oorledene se kontantbeleggings begin oproep, in die boedelbankrekening deponeer en daarna kontant aan die erfgename voorskiet, uit hul erfenis.

Soms is ‘n boedel kapitaalryk, maar daar is min kontant. In so ‘n geval kan ‘n familielid aan die weduwee of die kinders geld voorskiet. Daarna kan ‘n eis vir terugbetaling van die geld by die boedel ingedien word. Die beredderaar sal mettertyd die geld uit die boedel terugbetaal aan die familielid wat die geld aan die erfgename voorgeskiet het.

Ons hanteer ook die mediese rekeninge van die oorledene, sowel as die begrafniskoste op dieselfde basis. Met ander woorde, ‘n familielid betaal die begrafniskostes en stel ‘n eis teen die boedel in en word dan mettertyd uit die boedel vergoed.

Die groot oorweging vir die beredderaar is of daar genoeg kontant in die boedel is om die beredderingskostes en die eise teen die boedel te betaal. Indien daar voldoende kontant is, en byvoorbeeld net een erfgenaam, naamlik die oorledene se man of vrou, sal ons met gemak geld voorskiet aan die erfgenaam.

Die rekeninge van die oorledene wat uitstaande was by sy of haar afsterwe, moet aan die beredderaar oorhandig word om te hanteer. Moet dit asseblief nie self betaal nie.

Ons stel die skuldeisers in kennis van die afsterwe en van die feit dat ons die boedel beredder en betaal dan later in die beredderingsproses die rekeninge.

Ek wil die lesers uitnooi om my te kontak per e-pos met boedelvrae wat julle mag hê. Ek sal dan probeer om dit in een van my artikels te bespreek.

‘n Pragtige en gesonde 2021 aan al die lesers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!