Praktyke sluit tydens inperking
Henriette Lamprecht
Een uit vyf private gesondheidspraktisyns wat aan 'n onlangse landswye opname deelgeneem het, gaan hul deure tydens die inperking sluit.
Die landswye opname wat deur die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) gedoen is, het 'n duisend private verskaffers van gesondheidsdienste betrek, wat dokters en tandartse insluit. Meer as 20% van die respondente het aangetoon hulle gaan hul praktyke tydens die inperking, wat tot 17 April duur, sluit. Tans geld die inperking net vir die Erongo- en //Khomasstreek met die verwagting dat pres. Hage Geingob dit later vandeesweek na die res van die land sal uitbrei.
Byna die helfte van die respondente (42,05%) het gesê hulle gaan in dié tydperk slegs beperkte dienste lewer. Sowat 38% gaan hul volle dienste lewer.
Dit volg nadat tot 50% van die praktyke se huidige onbetaalde eise teen die staat se mediese fonds (Psemas) steeds nie uitbetaal is nie. Vyftien persent van eise wat reeds voor Desember verlede jaar ingedien is, is nog nie betaal nie.
Die persentasie eise vir Desember staan op 11%, in Januarie was dit 24% en in Februarie 30% van die huidige onbetaalde eise aan respondente.
Byna 90% van die respondente is by die staat se mediese fonds ingekontrakteer.
Meer as die helfte van die respondente beskryf ook die regering se ondersteuning aan die private sektor midde die Covid-19-krisis as swak, met 32,5% wat dit as “uiters swak” bestempel.
Ondersteuning van private mediese fondse aan private gesondheidsorg in die lig van die Covid-19-pandemie word deur die meerderheid (57,95%) as “aanvaarbaar” beskryf. Net 6,8% beskou dit as “uiters swak”.
Intussen het Methealth Namibia, Psemas se administrateurs, gesê hy gaan nie eise vir telefoniese konsultasies tussen private praktisyns en pasiënte in die lig van Covid-19 uitbetaal nie.
Private mediese fondse het aangedui hulle gaan dit wel doen.
VERSPREIDING TE VOORKOM
Mense wat simptome van die siekte toon, word deur mediese fondse en dokters aangeraai om eerder telefonies met 'n dokter in gesprek te tree as om na 'n spreekkamer en hospitaal te gaan om sodoende die verspreiding van die siekte te voorkom.
Methealth Namibia het met die ministerie van finansies hieroor in gesprek getree, wat die Openbare Dienskommissie vir goedkeuring genader het omdat hulle vir die Psemas-voordeel verantwoordelik is. Tot dusver is geen reaksie van die kommissie ontvang nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie