Pravin u2018beslis aangeklau2019
Pravin u2018beslis aangeklau2019

Pravin ‘beslis aangekla’

Hou jou oog op die bal
Francoise Steynberg
Meer as 30 getuies staan gereed om te getuig teen Pravin Gordhan, minister van finansies, en drie voormalige amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat so vroeg as dié week al aangekla kan word.
Die getuies sluit die ANC-skenker Jen-Chih (Robert) Huang, ’n voormalige sakevennoot van pres. Jacob Zuma se neef Khulubuse, in. Jen-Chih se bates is twee jaar gelede bevries weens ’n belastingsaak waarin sowat R541 miljoen ter sprake is. Hy het voorheen gekla dat die einste SAID-eenheid op hom gespioeneer het.
Die saak teen Gordhan, Ivan Pillay, gewese adjunkkommissaris van die SAID, Oupa Magashula, kommissaris van die SAID, en Johann van Loggerenberg, gewese uitvoerende groephoof vir ondersoeke, is nou in die hande van adv. Shaun Abrahams, die nasionale vervolgingshoof, nadat die Valke die dossier Vrydag aan hom oorhandig het.
Klagte van korrupsie staar Gordhan in die gesig omdat hy Pillay se vroeë aftrede goedgekeur het en later sy kontrak hernu het. Sy voormalige kollegas kan van bedrog en onwettige spioenasie aangekla word.
Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), ontken dat ’n finale besluit oor dié groep geneem is. Vier senior bronne binne die NVG, die Valke en die SAID het na bewering egter bevestig hulle verneem hulle gaan “beslis” aangekla word.

DAGVAARDINGS BINNE TWEE WEKE
Al vier bronne sê die enigste uitstaande kwessie is of hulle gearresteer moet word of net ’n dagvaarding moet kry om in die landdroshof in Pretoria te verskyn. Die bronne sê die dagvaardings of lasbriewe sal binne die volgende twee weke uitgereik word.
’n Hooggeplaaste bron in die Valke sê: “Ons span het Donderdag hul werk klaargemaak en die verstandhouding was dat die NVG dagvaardings moet uitreik sodat hulle in die hof verskyn. “Verskeie verklarings is afgeneem soos die NVG versoek het en die saak sal nou spoedig hanteer word.”
’n NVG-bron sê Abrahams het persoonlik die saak oorgeneem kort ná sy aanstelling in Julie verlede jaar. “Hy het al die lêers en bewysstukke in sy kantoor gebêre. Min mense is toegelaat om daarna te kyk,” sê nog ’n aanklaer wat in die NVG-hoofkantoor werk.
Mfaku sê egter ’n besluit oor ­Gordhan en die drie ander se vervolging moet nog geneem word.
“Ons kan bevestig dat ons die dossier oor die SAID-spioenasie-eenheid Vrydag ontvang het.
“Indien geen uitstaande ondersoekwerk is nie, sal ’n besluit geneem word of enige persoon in die saak vervolg gaan word.”
Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie. Phumza Macanda, Gordhan se woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie. Tebogo Malatji, Gordhan se regsverteenwoordiger, het die afgelope week in ’n brief aan die Valke gesê die SAID se destydse ondersoekeenheid was wettig toe dit tot stand gekom het en die Valke se vertolking van wetgewing is verkeerd.
“Die minister . . . het ter goeder trou geglo die eenheid was heeltemal regmatig. So ook sy opvolgers en al die ander staatsinstellings met wie die eenheid deur die jare saamgewerk het,” lui die brief.
Pillay, Van Loggerenberg en ­Magashula was Donderdag na die Valke se streekkantoor in Pretoria saam met hul regsverteenwoordigers om waarskuwingsverklarings af te lê. Hulle is toe ingelig dat hulle amptelik verdagtes is. Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, die Valke se hoof, was glo woedend omdat Gordhan geweier het om ook by die kantoor aan te meld.

‘BESPOEDIG’ SAAK
Ntlemeza het toe vir Abrahams gevra om die saak te bespoedig.
“(Ntlemeza) meen Gordhan ag homself bo die wet verhewe,” het ’n senior Valk gesê. Die Valke het die verdagtes tot 5 September gegee om volledige antwoorde op die bevindings van die Sikhakhane-paneel en die gediskrediteerde KPMG-verslag te verskaf.
Die meer as 30 ge­tuies sluit ­voormalige en huidige SAID-werk­ne­mers sowel as hoë­pro­fiel­sakelui in. Hulle het almal reeds beëdigde verklarings afgelê wat in die dossier vervat is.
“Een van hulle is Robert Huang wat gekla het dat hulle (die SAID-intelligensie-eenheid) hom geteiken het en op hom gespioeneer het. Hy het ook aan Pillay se opvolger, Tom Moyane, gesê Pillay en die eenheid het op hom gespioeneer en wou sy sakebedrywighede in die wiele ry,” sê ’n bron in die Valke.
Huang het vir die 2014-verkiesing 18 500 T-hemde aan die ANC geskenk. Die hemde is gekonfiskeer omdat invoerbelasting nie betaal is nie.
Nog ’n bron in die Valke sê ’n voormalige lid van die hoërisiko-eenheid, Helgard Lombaard, wat die “spioenasie”-toerusting by die NVG-hoofkantoor geïnstalleer het, is nou ’n staatsgetuie in ruil vir vrywaring teen vervolging.
Adv. Gerrie Nel van die NVG het Lombaard na bewering destyds R1,1 miljoen betaal om die toerusting in die NVG se kantore te installeer.
Volgens verskeie bronne in die NVG was Nel bekommerd oor die uitlek van inligting en diefstal van dokumente tydens die korrupsie-ondersoek van ­Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, in 2006. Dié toerusting is later glo gebruik om op NVG-amptenare te spioeneer. “(Lombaard) het reeds ’n verdoemende verklaring by die polisie afgelê en word beskou as ’n sleutelgetuie,” sê die Valke-bron.
Die polisiedossier teen Gordhan en kie. is glo na die misdaadintelligensie-eenheid oorgedra.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 885.30/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 885.30/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067