Pravin Gordhan dalk wéér aangekla

Volgens adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, is die ondersoek egter nog nie afgehandel nie en is geen besluit nog geneem of iemand vervolg moet word of nie.
Francoise Steynberg
Llewellyn Prince - Pravin Gordhan, die Suid-Afrikaanse minister van finansies, kan dalk weer straf­regtelik weens die so­genaamde “koverte eenheid” van die Suid-­Afrikaanse Inkomstediens­ (SAID) aangekla word.

Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, voer in hofstukke in die hooggeregshof in Pretoria aan dat die Valke se ondersoek na die koverte eenheid voortduur en as daar meriete is om Gordhan daarvoor aan te kla, sal dit gedoen word.

Abrahams voer so in sy verweer aan in die dringende hofaansoek wat die Helen Suzman-stigting (HSS) en Freedom Under Law (FUL) vroeër ingedien het om pres. Jacob Zuma te dwing om Abrahams en twee senior aanklaers te skors hangende ''n ondersoek na hul geskiktheid om hul poste te beklee. Dit is weens die mislukte vervolging van Gordhan, Ivan Pillay en Oupa Magashula. Abrahams het op 31 Oktober bedrogklagte teen die drie teruggetrek.

Zuma het weens die twee burgerlike organisasies se hofaansoek vir Abrahams Dinsdag versoek om redes aan hom te verskaf waarom hy hom nie moet skors nie.

Abrahams voer in sy hofstukke aan die HSS en FUL se hoofdoel met hul aansoek is dat hulle vrees Gordhan en ander word weer weens die koverte eenheid aangekla.

Dié eenheid is gestig toe Gordhan destyds nog die SAID-kommissaris was.

“Wat verrassend is, is dat (die HSS en FUL) nie sê waarom (Gordhan en ander) nie aangekla moet word as daar ''n saak vir hulle is om daarop te ­antwoord nie.

“Dit is duidelik (in hul hofstukke) dat enige klagte wat uit die koverte eenheid se ondersoek kan voortspruit, ondeurdag sou wees.” Volgens Abrahams is die ondersoek nog nie afgehandel nie en is geen besluit nog geneem of iemand vervolg moet word of nie.

“Dit is ook baie duidelik dat die (HSS en FUL) met hierdie hofaansoek wil verseker dat verkies­lik geen klagte teen die minister oor die koverte eenheid, ongeag die meriete van sulke klagte, ingedien moet word nie.”

Volgens Abrahams het hy reeds openlik gesê dat die Valke se ondersoek na die eenheid steeds voortduur.

“Dit is slegs as die ondersoek afgehandel is dat ''n besluit geneem sal word of (Gordhan) vervolg sal word of nie.

“Tot dan moet die hof nie die (HSS en FUL) toelaat om die verhoor van hierdie aansoek op ''n dringende basis op grond van spekulasie te verhoor nie. Die feit dat ''n besluit geneem kan word om (Gordhan) te vervolg, regverdig nie ''n dringende verhoor óf die skorsing van die aanklaers nie,” voer Abrahams aan.

Die saak word volgende week aangehoor.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!