Pravin Gordhan: Eskom se 9-punt-plan het misluk
Pravin Gordhan: Eskom se 9-punt-plan het misluk

Pravin Gordhan: Eskom se 9-punt-plan het misluk

Francois Williams – Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Donderdag in die debat oor Eskom in die parlement bevestig die staat sal R23 miljard per jaar oor die volgende 10 jaar aan Eskom gee.

Hy het ook toegegee die Eskom-direksie se aanvanklike negepuntplan het nie gewerk nie.

Volgens hom het die komitee van ministers wat met Eskom moet help, weer Donderdagoggend vergader.

Hy het vorige sprekers in die debat gekritiseer, want hulle het nie verwys na die billike oorgang van steenkool na hernieubare energie nie. Die koste by Medupi en Kusile sal deeglik hersien word, het Gordhan belowe.

Eskom se salarisrekening moet gesny word, en ’n gesprek daaroor is aan die gang met vakbonde, ook oor geleenthede vir nuwe werk in groenkrag.

Van die advies van ’n groep ingenieurs wat geraadpleeg is, gaan binne die volgende dag by Eskom in werking gestel word, het Gordhan gesê.

Van Eskom se kragstasies is al so oud as 55 jaar. Van die eenhede van die Hendrina kragstasie is reeds gesluit.

Eskom se direksie het tans ’n paar vakatures en Gordhan hoop om dit binne die volgende week of twee te vul met ingenieurs en omkeerspesialiste. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!