Prehistoriese pret vir kinders
Tanja Bause
Die National Earth Science Museum spog met twee splinternuwe interaktiewe uitstallings.
Besoekers kan dinosourusbene in 'n put opgrawe.
Die bene lyk soos regte bene en kom van die Massospondylus-dinosourus af wat sowat 200 miljoen jaar gelede in Namibië by die Waterberg voorgekom het.
Die aardbewing-uitstalling is 'n landskap wat 'n verteenwoordiging van enige plek in Namibië kan wees.
Terwyl groen, geel en rooi ligte flits, demonstreer die uitstalling hoe die aarde se plate al vinniger verby mekaar beweeg en hoe dit 'n aardbewing veroorsaak wat die landskap heeltemal kan verander.
Verskillende kunstenaars van Namibië, onder meer Cristina Salvoldi en Karel Swanepoel, asook kunstenaars van Suid-Afrika het die afgelope 13 maande aan dié uitstallings gewerk.
Vir die afgelope drie jaar het die National Earth Science Museum deur besoekers aan die museum vasgestel dat daar 'n groot aanvraag na sulke interaktiewe uitstallings is, wat veral jonger besoekers na die museum lok.
In 2016 het die Museumsvereniging van Namibië (MAN) N$100 000 aan die National Earth Science Museum toegestaan as deel van sy streeksmuseum-ontwikkelingsubsidie.
Belangstellendes kan die museum weeksdae vanaf 08:00 tot 12:45 en 14:00 tot 16:45 besoek. Dit is in Aviationstraat 6 by die ministerie van myne en energie in Windhoek geleë. Toegang is gratis.
Besoekers moet by ontvangs aanmeld en sê dat hulle die museum wil besoek en hulle nie deur die streng sekuriteit laat afskrik nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie