Premier se konvooi bestook ná 126 sterf
Minstens 126 mense het gesterf en 150 is beseer in twee bomontploffings Saterdagaand in Bagdad.
Die meeste van die slagoffers was in ’n besige inkopiegebied tydens Ramadaan-vieringe, het die Irakse polisie en media gister gesê. Die aanval is die dodelikste sedert Amerikaansondersteunde Irakse magte verlede maand ’n groot oorwinning behaal het toe hulle die Islamitiese Staat (IS) uit Falluja, per motor 'n uur se ry wes van Bagdad, verdryf het.
Ná ’n reeks noodlottige bomaanvalle in die Irakse hoofstad het die premier, Haider al-Abadi, die aanval op Falluja gelas en beweer aanvalle word van daar uitgevoer.
Aanvalle het sedertdien egter nie verminder nie.
’n Konvooi het Abadi gister begelei om die toneel van eergister se grootste ontploffing te besigtig en video’s op sosiale media wys hoe mense klippe en bottels na sy konvooi gooi weens – volgens hulle – valse beloftes oor beter sekuriteit.
’n Koeltrok, volgepak met plofstof, het in Bagdad se sentrale Karrada-distrik ontplof en tot die dood van 126 mense gelei, met minstens 150 beseerdes. Die IS het verantwoordelikheid vir die selfmoordaanval aanvaar.
Karrada was besonder besig tydens die ontploffing, aangesien Irakese tydens die Ramadaan-vastydperk tot laat uiteet en inkopies doen.
Dekking van die ontploffing op televisie het minstens vier geboue gewys wat erg beskadig is of inmekaar geval het, waaronder ’n inkopiesentrum.
Die dodetal het deur die dag gestyg soos lyke uit die puin gehaal is en beseerdes gesterf het.
In ’n tweede aanval het ’n toestel Saterdag om middernag in ’n mark in die Sjiïtiese distrik Al Sjaab tot die dood van twee mense gelei.
Die militante “probeer nou opmaak vir hul vernedering in Falluja,” sê Jasim al-Bahadli, ’n voormalige weermagoffisier en veiligheidskenner in Bagdad.
“Dit was ’n fout van die regering om te dink die bron van die bomme is beperk tot net een gebied. Daar is selle wat onafhanklik van mekaar funksioneer”, sê Al-Bahadli. -Netwerk24/Reuters/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie