Premier van Lesotho se vrou doodgeskiet
Premier van Lesotho se vrou doodgeskiet

Premier van Lesotho se vrou doodgeskiet

Tom Thabane, nuwe premier van Lesotho, se vervreemde vrou is na bewering Woensdag doodgeskiet.

Dit het gebeur ’n dag voordat haar man as president van die bergkoninkryk ingehuldig sou word.

Besonderhede oor die voorval is nog onduidelik. Dipolelo Thabane se stiefdogter, adv. Knoya Thabane, het egter die nuus ná die skietvoorval aan Keiso Mohloboli, 'n joernalis in Lesotho, bevestig.

Mohloboli het Woensdagaand die nuus getwiet.

Die SAUK berig dat twee vroue geskiet is, maar die identiteit van die oorledene is nie bekend gemaak nie.

Die ander vrou het Woensdagaand ’n operasie ondergaan. Dit is nie duidelik wat die motief vir die skietery was nie.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, het aan die SAUk gesê dat daar Maandag ’n sluipmoordpoging was op lede van die Thabane-familie.

Hy sê dat Ramaphosa steeds Thabane se inhuldiging sal bywoon as verteenwoordiger van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

“Die adjunkpresident is bewus van die verwikkelinge en sekuriteitsmagte sal verseker dat die inhuldiging glad verloop,” sê Mamoepa.

Thabane se All Basotho Convention het op 3 Junie se verkiesing 48 uit die 120 parlementêre setels gewen.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Sondag gewaarsku dat die SAOG, waarvan Lesotho ’n lid is, nie ’n militêre staatsgreep “in enige van sy uithoeke” sal toelaat nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!