Premierliga ontken sprake van wegbreek
Sokker
Tielman van Lill - “Ons bring die mense se spel na die mense toe,” lui die leuse van die Namibiese Sokkervereniging (NFA).
Hoewel die NFA so graag sê hy bring sokker na sy mense, is die nare werklikheid tans presies die teenoorgestelde.
Die voortslepende geskil sedert Oktober verlede jaar tussen die NFA en die Namibiese Premierliga (NPL) het Dinsdag 'n kinkel bygekry.
Die NPL het in 'n nuusverklaring enige gerugte op sosiale media en natuurlik in die NFA se wandelgange ontken dat hy van die NFA wil wegbreek. Die NPL is sedert sy totstandkoming in 1990 'n lid van die NFA.
Die NFA het onlangs 'n nuut verkose president en uitvoerende komitee gekry wat vandeesmaand die leisels vir die volgende vier jaar by die Fifa-normaliseringskomitee (FNC) oorneem.
Die FNC het tot 15 Maart om die NFA-kantore te ontruim om plek vir mnr. Ranga Haikali (nuwe NFA-president) en sy uitvoerende komitee te maak.
As 'n nuwe besem wil Haikali graag sy merk maak. In sy openingsrede het hy belowe om sokker weer na die mense te bring.
“Ons moet die reëls en regulasies eerbiedig en nakom. Kom ons vermy die howe en los ons geskille op en maak die land weer trots.
“Ek het in die verlede twee keer verloor om as president van die NFA verkies te word. Maar ek het my nie tot die hof gewend nie, want ek het geglo ek sal wel eendag my bydrae tot sokker en die ontwikkeling daarvan kan maak.
“Nou het my dag aangebreek, maar ek moet steeds regulasies respekteer. Ons het lesse oor die jare geleer. Kom ons gebruik dit en hervorm die spel,” het hy gesê.
Haikali sê die FNC het intussen die onstuimige woeling in sokker gekalmeer – hoewel die werklikheid onveranderd bly dat die land se klubsokker al vir soveel maande stilstaan.
“Ek bedank Fifa en die normaliseringskomitee vir die goeie werk wat hulle gedoen het om sokker te normaliseer. Nou moet ons by hulle oorneem en vorentoe kyk. Ons sal die NFA se kort- en langtermynplanne binnekort bekendmaak,” het die NFA-president afgesluit.
Ondersteuners en spelers het op 20 Februarie 'n ernstige beroep op die NFA asook die NPL by Sokkerhuis in Katutura gedoen om die probleme dringend op te los.
'MISLEIDEND'
Mnr. André Gariseb, skakelbeampte, sê in die NPL se verklaring die gerugte is misleidend en daarop gemik om die NPL opnuut in 'n swak lig te stel.
“Die NPL is bewus van die vals stories wat tans in omloop is en verwerp die aantygings dat die NPL sy verbintenis met die NFA gaan verbreek om 'n nuwe liga te stig. Dit is totaal onwaar dat die NPL of enige van die NPL-klubs so iets in die mou voer.
“Dié beskuldigings is misleidend en vol kwade bedoelings. Al is die NPL op die oomblik deur die NFA geskors, is en bly die NPL 'n erkende lid van die NFA.
“Dit is diep teleurstellend indien enige regdenkende mens sulke roekelose nonsens uitdink. Die enigste motief is om die goeie beeld van die gerespekteerde lede van die NPL se uitvoerende komitee en goewerneursraad (BoG) te beskadig.
“Die NPL hoop van harte dat die ondervinding van die nuut verkose NFA-leierskap uit foute van die verlede geleer het om van nou af griewe spoedig en onpartydig op te los. Die NPL onderneem om binne die raamwerk van sy grondwet op te tree.
“Die NPL wil dringend 'n BoG-vergadering hou om die afgelope NFA-kongres te bespreek wat die NPL se onbepaalde skorsing ondersteun het.
“Die NPL wil sy borge en sokkerliefhebbers vir hul empatie en volgehoue ondersteuning bedank. Hul pogings is opreg om sokker in die land weer tot sy volle glorie te herstel,” sê die NPL-verklaring.
BLACK AFRICA WIL PRAAT
Die tussentydse uitvoerende komitee (IEC) van Black Africa se voorsitter, mnr. Cassius Moetie, nooi alle ondersteuners van die klub om komende Sondag 'n dringende vergadering om 15:00 by die Hoërskool Immanuel Shifidi by te woon.
Die doel is om ondersteuners (“die ware eienaars van die klub”) behoorlik in te lig oor 'n leierskapkrisis wat in die tussentydse uitvoerende komitee ontstaan het.
Die genoemde komitee is by die algemene jaarvergadering op 26 Januarie voorgestel en goedgekeur, naamlik Cassius T. Moetie (voorsitter), Browney Mutrifa (ondervoorsitter), Debbie Hobexas (uitvoerende sekretaresse) en die ander komiteelede Scara Khaiseb, Doris Lamperth, Lakka //Goagoseb en Boni Paulino.
Ná 'n mosie dat Black Africa se netbalklub ook verteenwoordiging op die IEC moet hê, is die netbalvoorsitter me. Rebekka //Goagoses-Nekundi ook gekoöpteer. 'n “Leierskapkrisis” het glo intussen ontstaan.
BA-ondersteuners word ook genooi om 'n “ferm besluit oor hul standpunt” oor die stilstand van die NPL en sy skorsing deur die NFA te neem, wat afspeel ten koste van spelers wat bloot wil sokker speel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie