Pres. Geingob ontmoedig petisies oor Ovitoto-plase
Die uitval oor die toekenning van die Osema- en Gusende-wildsplase kring wyer uit.
Catherine Sasman - Pres. Hage Geingob het glo hoofman Vipuira Kapuuo en die Ovitoto-gemeenskap “gesmeek” om nie voort te gaan met hul beplande opmars na Staatshuis nie.
Die opmars is beplan om hul teenkanting van die toekenning van die Osema en Gusende-hervestigingsplase aan Ovitoto Game and Hunting Safaris (Pty) Ltd te toon.
Die groep se optog sou op 9 Mei verlede week plaasvind, maar hulle is gevra om dit nie te doen nie en om eerder te wag vir 'n vergadering met die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, op Woensdag 17 Mei. Sy het vir Geingob ingestaan, wat in Ekwatoriaal-Guinee vir 'n Afrika-unie vergadering was.
'n Lid van die Kapuuo-groep, Rirua Komeheke, het gesê hulle het ingestem om Kuugongelwa-Amadhila te ontmoet nadat hulle dit in die Kommando-saal in Katutura bespreek het.
“Indien besluit word om die plase aan Ovitoto Game and Hunting Safaris te herroep, beteken dit dat die ministerie van grondhervorming nie in veilige hande is nie,” het Komeheke gesê.
Hy het die toekenning van die plase aan Ovitoto Game and Hunting Safaris as “uittarting” bestempel en minister Uutoni Nujoma daarvan beskuldig dat hy nie die mense se verwagtinge in ag neem nie.
ANDER APPELLEER OOK TEEN TOEKENNING
'n Ander maatskappy wat ook aansoek gedoen het vir die Osema- en Gusende-hervestigingsplase, Chobezi Game Farming and Safaris, het ook by pres. Geingob en ombudsman John Walters appèl aangeteken en gevra dat hulle tussenbeide tree in die toekenning van die twee plase.
Briewe is aan Nujoma geskryf en appèl is by die voorsitter van die grondtribunaal, me. Elize Angula, 'n regsgeleerde, aangeteken.
Die permanente sekretaris in die grondministerie, mnr. Peter Amutenya, het in 'n advertensie gesê die toekenning aan Ovitoto Game and Hunting Safaris is gedoen ná 31 aansoeke oorweeg is.
Amutenya sê 17 van die aansoeke het uitgeval omdat dit nie sakeplanne gehad het nie. Twee is op tegniese gronde gediskwalifiseer.
Maar Chobezi sê hulle het 'n aansoek van 125 bladsye ingedien - 'n “weldeurdagte tegniese voorstel” wat inkomste- en uitgaweprojeksies vir vyf jaar bevat het.
Die aansoek het ook gedetailleerde inligting bevat oor die onderneming se 10 direkteure en die operasionele arbeidsmag, wat almal oor ervaring in die administrasie van 'n gasteplaas, ekotoerisme, promosie, bemarking, wildboerdery en bewaring beskik het.
Een van die direkteure is Orlando Haraseb, 'n professionele safarigids en wenner van 'n silwer toekenning in die 2016 Internasionale Wanderlust Gids van die Jaar-kompetisie.
Die ander direkteure is Magretha Links (voorsitter), Estha Garoës, Andrew Admukue, Paul Thomas, Lentina Baardt, Vanessa Nowotes, Anna Swartbooi, George Eiseb en Ricardo Eiseb.
Chobezi se direkteure het aan Geingob en Walters geskryf dat hulle met opset en “onregverdiglik van die geleentheid ontneem is om hul tegniese vaardighede toe te pas” toe die Osema- en Gusende-plase naby Okahandja nie aan hulle toegeken is nie en dat daar “grootliks teen hulle gediskrimineer is”.
Hulle het vir 'n herondersoek na die evalueringsproses gevra waarvolgens die plase ter waarde van N$40 miljoen aan Ovitoto Game and Hunting Safaris toegeken is.
Chobezi wys ook daarop dat die koerantadvertensie, waarin mense wat belang stel in die hervestigingsplase genooi is om aansoek te doen, net aangedui het dat die plase vir boerdery aangewend moet word. Geen melding is gemaak van tegniese sakevoorstelle en finansiële projeksies nie.
Voorts sê hulle die grondministerie het nie eers funksionele en goedgekeurde hervestigingskriteria voor die sluitingsdatum vir aansoeke (16 Oktober 2016) gehad oor hoe om wildsplase wat aan geslaagde aansoekers toegeken word, te reguleer nie.
Om dié rede wil Chobezi weet watter maatstawwe vir evaluering deur die tegniese komitee van die raadgewende komitee op grondhervorming gebruik is.
Die Chobezi-direkteure beweer ook dat min. Nujoma die hervestigingskriteria eers op 7 November 2016 goedgekeur het.
Die sekretaris van die evalueringskomitee vir wildsplase in die ministerie, mnr. Peter Ndeilenga, het in 'n e-pos aan die Chobezi-direkteure toegegee dat die hervestigingskriteria ná die sluiting van die aansoeke goedgekeur is en nie van toepassing op aansoekers was nie.
Chobezi wil ook weet watter punte die komitee toegeken het en of Nujoma diskresionêre magte het om diegene wat voordeel uit hervestiging trek, te kies.
PLAGIAAT BEWEER
Die konsultant wat gemoeid was met die voorbereiding van Chobezi se aansoek vir die wildsplase, mnr. Tartisius Gaoseb, het aangevoer dat plagiaat gepleeg is met die grondministerie se beskrywing van 'n wildsplaas.
Die ministerie se hervestigingskriteria vir wildsplase en beskrywing van wildsplase was glo identies aan die beskrywing wat in Chobezi se aansoek verskyn.
PG KAN NIE INMENG
Die prokureur-generaal, Sacky Shanghala, het op 8 Mei aan Chobezi se direkteure geskryf dat hul versoek dat Geingob tussenbeide tree “voortydig” en “nie volgens prosedure” is nie.
Shanghala het ook aangedui dat hy nie in 'n posisie was om die direkteure van raad te bedien nie omdat hy nie die mandaat daarvoor het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie