Presidensie kap Trump oor sy ‘eng opvatting’ oor SA
Die presidensie het hom ten sterkste uitgespreek teen pres. Donald Trump van Amerika se twiet vroeg gisteroggend (Suid-Afrikaanse tyd) oor grondonteiening en plaasmoorde.
“Suid-Afrika verwerp dié eng opvatting, wat slegs ten doel het om die nasie te verdeel en ons te herinner aan ons koloniale verlede,” het die presidensie getwiet.
Die regering wil ook duidelikheid hê oor wat Trump bedoel het toe hy getwiet het: “Ek het die minister van buitelandse sake gevra om die grond- en plaasbesettings en die grootskaalse moorde op boere in Suid-Afrika deeglik te bestudeer. (Die) Suid-Afrikaanse regering is nou besig om plase van wit boere te gryp.”
Khusela Diko, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, het aan News24 gesê die presidensie het kennis geneem van die twiet en dit gaan verder deur diplomatieke kanale gevolg word.
“Die president gaan die minister (van internasionale betrekkinge en samewerking) vra om duidelikheid te kry by die Amerikaanse ambassadeur.”
AfriForum glo dit is danksy dié organisasie se onlangse besoek aan Amerika dat Trump nou skynbaar gaan ingryp by die grondkwessie en plaasmoorde in Suid-Afrika.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het op Facebook die mense in Amerika bedank met wie sy organisasie op ’n onlangse besoek aan Amerika vergader het.
Ramaphosa het Woensdag in die parlement diegene, soos AfriForum, gekritiseer wat “leuens en gerugte” oor grondhervorming in die buiteland versprei deur te sê “die ANC wil grondvergrype pleeg”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie