President bepleit vooruitgang op Cassingadag
Geskiedenis
Vrede en ontwikkeling gaan hand aan hand. Dit was die kern van die staatshoof se boodskap gister op Cassingadag.
Die stryd om die boeie van kolonialisme en apartheid te breek, "was lank en bitter" en het meer as ’n eeu geduur, het pres. Hage Geingob in ’n verklaring op die 43ste herdenking van dié bloedige dag in die geskiedenis gesê.
“Die seuns en dogters van die land het ondenkbare uitdagings verduur, gebloei en gesterf in die naam van ons vryheid. Daarom salueer ons die dapperheid en onbaatsugtigheid van al die mans en vroue wie se opoffering dit vir ons moontlik gemaak het om vandag vry te wees.
“Dit is vanjaar 43 jaar sedert die slagting by Cassinga die lewens van onskuldige burgers geëis het. Op hierdie dag, 4 Mei, onthou ons die genadelose aanval op honderde van ons onskuldige burgers wat in die vroeë oggendure by ’n vlugtelingkamp in die Angolese dorpie Cassinga geskuil het, wat tot ’n brutale slagting deur die destydse Suid-Afrikaanse Weermag op dié dag in 1978 gelei het.
“Terwyl ons diegene gedenk wat met hul lewens vir ons vryheid betaal het, eer ons ook ons broers en susters van Angola en Kuba vir hul ondersteuning tydens ons bittere stryd om bevryding.”
Die staatshoof het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om vrede en stabiliteit in die land te handhaaf, ter ere van die helde van die onafhanklikheidstryd.
“Waar daar geen vrede is nie, kan daar geen ontwikkeling wees nie. En waar daar geen ontwikkeling is nie, kan daar geen vrede wees nie,” het hy gesê.
“Laat ons aanhou hande vashou in die tweede fase van ons stryd. Lank lewe die helde van Cassinga! Lank lewe die herinnering aan ons stryd om vryheid!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie