President loof helde van vryheid- én Covid-stryd
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het op Heldedag hulde gebring aan die Namibiërs wat “vandag presies 55 jaar gelede die reeks gebeurtenisse aan die gang gesit wat verseker het die geskiedkundige datum van 26 Augustus word die annale van ons nasie se geskiedenis gegraveer”.
Hy het in ‘n verkaring verwys na leiers soos hoofman Hosea Kutako, eerw. Michael Scott, prof. Mburumba Kerina, mnre. Hans Beukes en Jariretundu Kozonguizi, oudpres. Sam Nujoma, hoofman Hendrik Samuel Witbooi en mnre. Hendrik Witbooi, Andimba Toivo ya Toivo en Simon Kaukungua wat die land se saak deur middel van ‘n versoekskrif by die internasionale gemeenskap bepleit het.
“Hierdie dag is nie net belangrik in die konteks van die stryd vir Namibiese onafhanklikheid nie, maar verteenwoordig ook 'n belangrike oomblik in die stryd om die bevryding van die hele Suider-Afrikaanse streek.
“'n Wyse man het eenkeer gesê: ‘Wanneer die wil vrees tart, wanneer plig die noodlot uitdaag, wanneer eer 'n kompromie met die dood aangaan – dít is heldhaftig’,” het Geingob gesê.
“Terwyl ons die onmeetlike opofferings van ons helde en heldinne herdenk, besin ons ook oor ons huidige stryd teen die onsigbare vyand, Covid-19.
"Ek moet erken ek moes die afgelope paar maande byna elke week 'n amptelike, staats- of heldebegrafnis bywoon van 'n veteraan van ons bevrydingstryd. Soms het ek talle sulke staatsbegrafnisse in een week toegeken. Só iets het ons nog nooit ervaar nie,” het Geingob gesê en bygevoeg dit was pynlik om te sien hoeveel veterane hul lewe verloor het.
“Saam met hulle het ons 'n oorvloed aan ervaring, kundigheid verloor, asook die verhale wat ons geskiedenis verryk en die herinnering aan ons stryd om onafhanklikheid bewaar het.”
Dit is ook vandag presies ‘n jaar sedert die veteraanpolitikus mnr. Dirk Mudge en die ruimtewetenskaplike dr. Japie van Zyl op Heldedag gesterf het.
Mudge is aan Covid-verwante oorsake dood en Van Zyl het in Kalifornië in die VSA gesterf ná hy ‘n hartaanval gehad het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie