President neem Nanso-handves in ontvangs
Me. Ester Simon, die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) se president, het gistermiddag ? afvaardiging op besoek aan pres. Hage Geingob by Staatshuis gelei.
Die doel van die besoek was om die organisasie se nuwe handves aan die president voor te lê.
Hierin word Namibiese studente se sleutelkwessies uiteengesit, en veral op die finansiering van studies gefokus, asook op dienslewering aan studente, onvoldoende infrastruktuur, die toepaslikheid van inhoud en studente se maatskaplike omstandighede.
In die handves doen die organisasie ’n beroep op die regering om wetgewing in te stel wat klasgeldverhogings reguleer en beperk.
Studente het ’n behoefte aan klaskamers en lesingsale van beter gehalte, klankversterking, makliker toegang vir gestremde studente, groter koshuise en ? studentedorp in Windhoek en op ander dorpe met ’n groot aantal studente.
Onderriginstansies moet ook in hul personeel se fisieke en geestesgesondheid belê, en self-verdediging klasse moet op elke kampus aangebied word, vra Nanso.
Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie