President sê hy tree in inwoners se belang op
Volgens 'n verklaring onderhandel die president nie met sakeleiers nie.
Namibië se president sal altyd in die belang van die inwoners van die land optree en word altyd deur die opperste gesag van die land gelei.
So sê pres. Hage Geingob in 'n verklaring wat Staatshuis uitgereik het.
Hy sê hy is ten volle toegewy aan 'n benadering van deelnemende regering om beswaarde rolspelers te ontmoet.
In die lig hiervan het Geingob 'n uitnodiging aanvaar om met die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) en die Namibiese Vakbond vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) te vergader om kwessies soos die verkoop van die Erindi- private wildreservaat en die ekonomie te bespreek.
Volgens Staatshuis kon die vergadering wat vir vandeesweek geskeduleer was, nie plaasvind nie omdat lynministers nie beskikbaar was nie.
Die beplande vergadering gaan nou vir 'n latere datum geherskeduleer word.
In die verklaring benadruk Geingob weer sy toewyding aan die beginsel van deursigtigheid en verantwoordbaarheid.
Hy verwys in dié verband na sy ontmoeting met die Mexikaanse miljardêr mnr. Alberto Baillères en die gevolglike nuuskonferensie wat volgens hom weer eens toewyding aan 'n deursigtige en verantwoordbare regering toon.
Die president is tydens die ontmoeting van vier kabinetsministers, insluitende die ministers van grondhervorming, finansies, die prokureur-generaal en die minister in die presidentskantoor vergesel.
Die verklaring uit die presidentskantoor het ook klem gelê op die belangrikheid daarvan om beleggers in lyn met nasionale beleggingstrategieë, die Harambee-welvaartsplan en Nasionale Ontwikkelingsplanne te lok.
Geingob het Baillères en ander sakeleiers uitgenooi om op die vooraand van die Ekonomiese Groeiberaad na ander sektore in die land te kyk.
Die uitnodiging is volgens die presidentskantoor sentraal in die stryd teen werkloosheid, die bevordering van ekonomiese groei en die bestryding van armoede.
Geingob het ook die vaardigheid van staatsinstellings beklemtoon wat die verkoop van Erindi aan Baillères betref.
Volgens die president moet hy in die uitvoering van sy pligte beleggers verseker Namibië is veilig en wette word eerbiedig.
Hy het die versekering gegee die verkoop van die wildreservaat hang van die goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) af, soos regsprosesse vereis.
Die presidentskantoor het beklemtoon Geingob onderhandel nie met sakeleiers nie, maar rolspelers en sakeleiers bring wel hoflikheidsbesoeke aan hom, soos volgens aanvaarde internasionale praktyk.
“Die beginsel om nie oor sake by Staatshuis te onderhandel nie, bly staan en bly 'n onwrikbare posisie vir so lank as wat president Geingob in die amp bly,” lui die verklaring.
Geingob het gesê die reg op eiendom is een van die grondwetlike regte en vryhede soos vervat in Namibië se Grondwet.
Grondtransaksies word ook gelei deur die Grondwet, wat eiendomsregte waarborg.
“Enige optrede tot die teendeel sal nie in Namibië, 'n land wat die wette en instellings respekteer, geduld word nie,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie