President se geld vir Sanvolk
President se geld vir Sanvolk

President se geld vir Sanvolk

Augetto Graig
Augetto Graig - Ten einde die gemeenskappe van die San, Ovatue en Ovatjimba meer by die Namibiese samelewing te betrek, sal die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, ’n gedeelte van sowat N$80 miljoen se begrotingsgeld vanjaar in dié gemeenskappe terugploeg.
Uit die totale 2016-’17-begroting van sowat N$66 miljard sal dié begrotingspos sowat N$679 miljoen vir verskeie ministeriële programme ontvang. Dit sluit in sekuriteitsbestuur en ondersteuningsdienste, asook die konsolidasie van demokrasie, die beskerming van die Grondwet, gemarginaliseerde gemeenskappe en mense met gestremdhede. Dié groepe kry meer as die byna N$53 miljoen wat aan demokrasie bestee gaan word, maar aansienlik minder as die N$156,7 miljoen vir die Grondwet en nie naastenby die N$389 miljoen vir sekuriteit nie. Kapofi sal vanjaar toesien dat die San Ontwikkelingsprogram ondersteuning bied aan kinders wat skool toe gaan en studente wat goed presteer. Hy sê die ondersteuning is “noodsaaklik met betrekking tot die ontwikkeling en integrasie van die gemeenskappe in die breër samelewing, om ’n beter toekoms te skep, om hulle te bemagtig en in staat te stel om hul volle potensiaal te besef”. Hy het verduidelik hoe die program begunstigdes identifiseer en hulle met registrasie by tersiêre opvoedingsinstansies gehelp word. Ook deur die Build Together-program bou hulle skole en onderwysershuise op verskeie nedersettings om daarmee te help.
“Van die gemeenskappe is ook hervestig en het verdere ondersteuning in die vorm van akkerbou- en tuinboumateriaal, toerusting, saad en soms vee nodig. Grondlose Sanfamilies was van Oshivelo na Plaas Ondera verskuif, terwyl komberse, matrasse en kos aan die Sangemeenskap op Gam geskenk is,” het Kapofi gesê. Hy het ook genoem dat die ministerie van landbou, water en bosbou ook op Gam water verskaf vir ’n gemeenskapstuin wat aangelê gaan word.
“Twintig huise sal by Korridor 17 gebou word en plekke by Otjinene, Epukiro en Eiseb Blok is aangewys vir die hervestiging van Sanfamilies. Ander tipe hulp wat die regering aan die San verskaf, sluit in doodkiste.“ Die Regshulpsentrum (LAC) se 2014-studie, “Scraping the Pot”, het die skatting van die Sanbevolking in Namibië teen 2011 op 38 000 beraam. Die studie het bepaal dat die San van Namibië uit verskillende groepe kom en hulle praat verskillende tale en dialekte. Oor die algemeen deel al die Sangroepe ’n geskiedenis en huidige ervaring van marginalisering.
Die vlak van armoede van die San is erger as dié van enige ander etniese groep in Namibië. In die Menslike Ontwikkelingsindeks is hulle op 0,35 in vergelyking met die nasionale gemiddelde van 0,55. Die per capita inkomste van die San is die laagste van alle groepe met ’n jaarlikse gemiddelde aangepaste per capita-inkomste van N$3 263 in vergelyking met die nasionale gemiddelde van N$10 358 in 2007.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!