President stel wetsontwerp op grond uit
Dit lyk of die ministerie totaal onbewus was van die president se besluit.
Catherine Sasman - Die deurvoer van die wetsontwerp op grond word uitgestel tot ondersoekende nasionale dialoog daaroor gevoer is.
So het pres. Hage Geingob dié week gesê.
Terselfdertyd het die permanente sekretaris van grondhervorming, mnr. Peter Amutenya, by 'n nuuskonferensie gesê dit sal wel voortgaan - tensy die parlement en regering anders besluit.
Die ministerie was vasbeslote om voort te gaan met die deurvoer van die wetsontwerp - ondanks herhaalde aandrang van opposisiepartye en ander groepe dat dit uitgestel moet word tot ná die tweede grondkonferensie in September.
Amutenya het gesê die wetsontwerp en grondkonferensie is twee verskillende prosesse. Hy het gesê die konferensie sou kyk na die konsensus wat in 1991 bereik is, terwyl die wetsontwerp fokus op kwessies soos die status van kommersiële en kommunale grond, grondbelasting en buitelandse besit van grond.
Hy het ook gesê dit is nie waar dat daar nie oor die wetsontwerp gekonsulteer is nie.
Volgens hom het hierdie proses reeds in 2006 begin. Daarna, sê Amutenya, was daar konsultasies in alle streke sedert Februarie 2010 met sleutelfigure, insluitend tradisionele owerhede. 'n Nasionale slypskool is ook in 2012 in Windhoek gehou.
HERVESTIGING NIE ONREGVERDIG
Amutenya het gister by die nuuskonferensie ontken dat inheemse groepe van die //Kharas- en Hardapstreek op die kantlyn gestoot word vir hervestiging ten gunste van ander.
Hy het gesê die tendens is dat die meerderheid families wat oorspronklik van die //Kharas- en Hardapstreek kom, op plase daar hervestig is.
Amutenya het gesê die hervestigingsprogram streef daarna om 'n balans tussen streke te skep, ongeag waar die aansoeker vandaan kom.
Volgens statistieke wat deur die ministerie verskaf is, is 72% en 71% van die hervestigingsplaaseenhede aan mense van die //Kharas- en Hardapstreek in daardie streke toegeken.
Dit beteken 510 plase vir hervestigingsdoeleindes van 3,1 miljoen hektaar van die geteikende 5 miljoen hektaar is reeds op die opemark teen N$1,7 miljard aangeskaf.
In die //Kharasstreek is 169 plaaseenhede gekoop, waarvan 121 eenhede (72%) “aan die //Kharasstreek” verskaf is.
Die res van die plaaseenhede in //Kharas is aan mense uit Hardap, Khomas en Omaheke toegeken (5% elk per streek).
In die Hardapstreek is 212 plaaseenhede gekoop, waarvan 71% “aan Hardap” toegeken is en 4% is onderskeidelik aan mense uit Khomas en Hardap toegeken.
Amutenya het gesê die oorblywende eenhede is aan die //Kharas- en Hardapstreeksrade gegee. Een plaas is aan die Hardap-ontwikkelingstrust toegeken.
Uit die 5 278 plase wat tot dusver toegeken is, is 2 072 aan mans en 1 443 aan vroue gegee.
'n Totaal van 1 763 plaaseenhede is aan huishoudings onder die San-ontwikkelingsprogram, wat deur die kantoor van die eerste minister onder die groephervestigingsprogram geadministreer word, gegee.
Amutenya wou egter nie 'n gedetailleerde lys van alle hervestigingsplase en gepaardgaande begunstigdes aan die media beskikbaar stel nie.
“Met die verskyning van stam- en streeksgebondenheid moet ons die sensitiwiteit hiervan in ag neem,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die ministerie tans besig is om só 'n lys te voltooi en het beloof om dié inligting bekend te maak sodra dit beskikbaar is.
“GRONDLOSE BEWEGING HET NIE BEWYSE”
Die ministerie sê die Beweging van Grondlose Mense, wat die afgelope naweek by 'n massa-vergadering op Keetmanshoop aanspraak gemaak het op regte op voorvaderlike grond, se eise is nie op daadwerklike bewyse gebaseer nie.
“Die meeste van die mense wat voorgee dat hulle namens grondlose mense optree, maak wanvoorstellings aan ons mense. Van hierdie leiers is reeds begunstigdes van grond onder die nasionale hervestigingsprogram,” het Amutenya gesê.
Hy het bygevoeg hierdie leiers het nooit enige formele voorleggings aan die ministerie gemaak nie.
Amutenya het benadruk dat die reg op voorvaderlike grond nie op die 1991-grondkonferensie aanvaar is nie.
HERSIENING VAN BELEID
Amutenya het ook gesê die ministerie is tans besig met 'n hersiening van die hervestigingsbeleid.
Hy het gesê daar sal “'n aantal konsultasies” met strategiese en sleutelbelanghebbendes wees om die program te “verbeter”.
“Ons weet dit is nie 100% perfek nie; daar is skuiwergate. Ons het pas met hierdie proses begin,” het Amutenya gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie