President vra Al-Sjabaab moet oorgee
President vra Al-Sjabaab moet oorgee

President vra Al-Sjabaab moet oorgee

Somalië
Estelle de Bruyn
Somalië se nuwe president is Woensdag ingehuldig en het sy mense belowe dat die era van Al-Sjabaab en ander Islamitiese groepe verby is.

Mohamed Abdullahi Mohamed, ‘n Amerikaans-Somaliese burger, het ‘n beroep op Al-Sjabaab se duisende vegters gedoen om hulle oor te gee en het “’n goeie lewe” vir hulle belowe indien hulle dit doen.

"Vir diegene wat met Al-Kaïda, Al-Sjabaab en IS (Islamitiese Staat) saamwerk, julle tyd is verby,” het hy tydens sy inhuldiging gesê.

Die geleentheid is deur verskeie leiers van buurstate bygewoon.

"Ons regering sal nie plunder nie, maar sal die mense help. Ons sal teen onveiligheid, die ekonomiese krisis en werkloosheid stry,” het hy gesê. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!