Presidentspaar word vandeesmaand ingeu00ebnt
Presidentspaar word vandeesmaand ingeu00ebnt

Presidentspaar word vandeesmaand ingeënt

Dr. Willie Bruwer sê die ­enigste manier om 'n moontlik nóg dodeliker vierde golf te voorkom, is om ingeënt te word.
Sanet de Waal
President Hage Geingob en die presidentsvrou, me. Monica Geingos, beplan om hulle voor die einde van die maand te laat inent.

Geingos het dié onthulling gemaak tydens 'n openhartige gesprek met dr. Willie Bruwer, 'n pulmonoloog by die Lady Pohamba Privaat Hospitaal en die geneesheer wat die egpaar tydens hul onlangse stryd teen Covid-19 behandel het.

Sy het gesê hulle beplan om op Dinsdag 29 Junie ingeënt te word, gebaseer op die wagtydperk van vier weke nadat 'n persoon negatief vir Covid-19 getoets het.

Dié gesprek vorm deel van die presidentsvrou se rol om die derde golf, waaronder Namibië tans gebuk gaan, te takel en om noodsaaklike en misleidende inligting oor die virus hok te slaan.

“Ons verloor te veel lewens aan Covid-19. Hierdie is 'n krisis,” het sy verlede week gesê.

Geingos het gesê al haar sosialemediarekeninge sal vir die volgende drie weke daaraan gewy word om “misleidende inligting te bestry en om openbare gesondheidsboodskappe van die gesondheidsministerie te versprei”.

As deel van die openbare bewusmakingsveldtog, maak sy van die hutsmerke #DoYourPart, #BeSafe, #BeKind en #BeInformed gebruik.



NIé TEEN ENTSTOF NIé

Geingos en Bruwer het benadruk dat die presidentspaar se besluit om hul inentings in 'n latere stadium te ontvang nié verband hou met teen-entstof-menings nie.

Sy het benadruk sy is nie 'n “anti-vaxxer” nie en dat sy en haar gesin ­bespreek het om ingeënt te word, maar hierdie planne moes uitgestel word toe sy en Geingob positief getoets het.

“Nie een van ons het 'n teen-entstof-filosofie nie. Ons wou ingeënt word.”

Sy het erken “ek moes myself seker vroeër laat inent het”.

Bruwer het benadruk die beskikbare entstowwe in Namibië is “baie effektief”.

“Ons moet dit gebruik om soveel moontlik mense te laat inent. Want uiteindelik is die entstof die ding wat ons hierdeur sal dra.”



WORD INGEëNT

Bruwer het beklemtoon, afgesien van die derde golf wat sy tol op gesondheidsorgdienste en die lewens van Namibiërs eis, die enigste manier om 'n potensieel nóg dodeliker vierde golf te voorkom, is om ingeënt te word.

Hy het verder verduidelik hoewel 'n persoon wat volledig ingeënt is wel die virus kan opdoen, “beland hulle nie in die hospitaal nie”.

“Dit is wat ons met die entstof wil doen. Ons wil keer dat mense in die hospitaal opeindiggeneem moet word; ons wil sterftes voorkom.”

Hy het daarop gewys sterftesyfers in ander dele van die wêreld, waar die inentingsyfers onder die bevolking tot 60% tot 70% of hoër opgeskiet het, het aansienlik gedaal en die lewe keer weer na normaal terug.



EMOSIONELE LETSELS

Geingos het ook die emosionele impak van die pandemie aangeroer.

“Daar was nagte wat ek sou wakker word en dit gevoel het of adrenalien my laat wakker skrik het. Dit was waarskynlik net angs,” het sy gesê.

Depressie en angs “kan van die blywende gevolge in ons gesondheidsorg­stelsel wees”, het Bruwer bevestig.

Hy het verduidelik baie pasiënte word “skielik gekonfronteer met 'n siekte waar jy jou eie verganklikheid in die oë moet staar, want dit is al wat jy sien”.

“Ek dink die emosionele letsels wat ons hieruit sal oorhou, sal in die komende jare 'n geweldige probleem wees,” het Bruwer gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!