Prestasie en politiek
In Namibië word al lank gespot met die “permanente” etiket van ministeries se hoof administratiewe en rekenpligtige beamptes.
Wetgewing is nou op die tafel om permanente sekretarisse (PS'e) op grond van vyf jaar lange prestasiekontrakte as uitvoerende direkteurs van ministeries aan te stel.
Uiteindelik, sal baie sê.
Gebrekkige verantwoording is 'n probleem. Een maatstaf hiervan is die kantoor van die ouditeur-generaal se talle gekwalifiseerde menings oor ministeries se geldsake, sonder dat daar gevolge vir PS'e is.
Die skommeling van PS'e is soos met veranderinge in die kabinet en van adjunkministers dikwels 'n rondskuif van dekstoele met min nuwe en jong bloed wat noemenswaardige verandering en vernuwing bring.
Soos in ons beriggewing uitgewys, kan die verandering selfs al word die voorgenome wetgewing deurgevoer, by 'n arbeidsgeskil draai. Dan sal vakbonde deel van die gesprek wees.
In Suid-Afrika is byvoorbeeld onderwysvakbonde 'n vername stok in die wiel van prestasiegedrewe hervorming. Plaaslik is dit onbekend hoe die implementering van lank beloofde prestasiekontrakte vir alle staatsamptenare vorder. Verantwoording moet op alle vlakke geld, nie net die heel boonste sporte van die leer nie.
Vakbonde se aanvaarding en ondersteuning van 'n nuwe bedeling is noodsaaklik. Ondanks die belang van arbeidsregte mag vakbonde nie alle inwoners se reg op drasties beter dienslewering in alle fasette van Namibië se reusestaatsdiens ondermyn nie.
So sê ander
25 November 2018
The New Radicalization of the Internet
Social media has played a key role in the recent rise of violent right-wing extremism in the United States.
Yet, even as the body count of this fanaticism grows, the nation still lacks a coherent strategy for countering the violent extremism made possible through the internet.
This dynamic plays out around the globe. This is the new shape of extremism: self-directed, internet-inflamed terrorists.
We already know how dangerous this cycle of radicalization can be, because similar mechanisms have fed Islamist terrorism in recent years.
While international terrorism has been the target of considerable attention and national resources, the threat from domestic terrorism has grown.
The complex interplay of terrorism, propaganda and technology requires a concerted response by government and business.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie