Prestasies hou skool se naam hoog
Leerlinge beproef hulself op verskeie gebiede
Sy was ’n Namavrou met ’n begeerte om ’n kultuurgroep te begin en dié droom het in 2009 ’n werklikheid geword.
Sedertdien het die groep by verskeie geleenthede naam gemaak en doen hulle saam beter as ooit.
Me. Rebekka Gomusas, of Okhas soos haar huismense haar noem, is op Maltahöhe gebore waarna sy na Windhoek verhuis het. Mettertyd het sy daarvan begin werk maak om ’n Namagroep te stig.
Volgens Gomusas was dit haar wens om die groep te stig, aangevuur deur die afwesigheid van die Namavolk in kulturele aktiwiteite.
“Die Namavolk bly altyd agter, waar die res van Namibië vorentoe gaan. Ek wou dit verander,” sê sy.
Gomusas was bekommerd oor haar volk, en het toe met die Windhoek-munisipaliteit gaan praat oor die stigting van ’n nuwe, Nama kulturele groep.
Sy sê die groep het in daardie stadium net uit vyf mans en vyf vroue bestaan. “Ek het die groep op 5 September gestig met die naam Suide Maak Vrede Nama Cultural Group.”
Sy sê kultuur beteken vir haar ontwikkeling, verbouing, bewerking, kweking en beskawing, en dít was die motivering vir haar besluit.
Die groep se eerste optrede was tydens die Windhoek-munisipaliteit se /Ae//gams-kunstefees in September 2009, en sedertdien het die groep uitgebrei en by al hoe meer geleenthede begin optree.
Byna vyf jaar later bestaan die groep nou uit 39 lede. Volgens haar doen die groep baie goed op die gebied van Namastap, langarm, drama, konserte, storievertellers en die maak van musiek.
“Buiten vir die optrede by die
/Ae//gams-fees, het ons ook optredes by Khomas se jaarlikse kultuurfees, Unesco, Botswana se kultuurdag, Afrikadag en verskeie presidensiële besoeke aangebied,” sê sy.
“Ons het intussen ook ’n huis in Otjomuise gebou waar ons elke dag kan oefen, van die Namastap tot langarm, en dit alles nog op die oorspronklike en ouderwetse wyse.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie