Prestige orrelkonsert met Zorada Temmingh
Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (Sakov) bied op Vrydag 16 Oktober weer sy jaarlikse prestige konsert by die NG kerk Eros aan.
Die vereniging bring jaarliks ’n bekende orrelis om as gaskunstenaar op te tree en ook opleiding en toerusting aan plaaslike orreliste te gee.
Vanjaar sal Zorada Temmingh van Stellenbosch besoekers vermaak asook die Namibiese jeugkoor onder leiding van Fanie Dorfling. Die gewilde plaaslike klassieke kunstenaars Hans-Peter Drobisch (dwarsfluit), Jürgen Kriess (viool), Ebbie Becker (orrel) en Hermien Coetzee (sopraan) tree ook tydens die uitvoering op.
Die konsert begin om 19:00 en kaartjies kos N$80 (vir volwassenes) en N$50 (vir kinders en pensioenarisse). Die orreliste se konferensie word op Saterdag 17 Oktober gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie