Pretdag vir oud en jonk
Hengel
Die Benguella Hengelklub hou komende Saterdag ’n pretdag by sy perseel in Jason Hamutenya Ndadistraat in Olympia, Windhoek.
Die dag begin om 10:00 met verskeie aktiwiteite vir jonk en oud. Gedurende die dag word vars calamari en oesters, worsbroodjies en hamburgers verkoop. In die aand sal braaivleis en heerlike slaaie aangebied word wanneer mense tot ounag toe saam met Chix Paul Herbst en sy musiek kan kuier.
Vir die kinders is daar ’n springkasteel.
Besoekers kan onder meer aan Knobel-speletjies deelneem, of hul slag met ’n kolgooi-kompetisie wys en lekker pryse inpalm.
Tussen 11:00 en 11:30 word aan aspirant hengelaars gedemonstreer hoe om stroppe te maak. Daar word ook ’n aanbieding oor aas gedoen.
Die klub se verskillende fasette soos rots- en strand-, of oewerhengel sal op die dag teenwoordig wees en mense wat enige navrae het of hulp benodig, kan kom inloer.
Daar is veilige parkeerplek en toegang tot die dag is gratis.
Die Benguella Hengelklub is in die vroeë 1950 in Windhoek gestig en is tans die enigste klub in Namibië wat al die hengelfasette aanbied, naamlik rots- en strandhengel, oewerhengel, ligtegereiboothengel, skiboothengel, baars- en kunsaashengel.
Die laasgenoemde drie fasette van die klub is tans nie aktief nie, maar daar word beplan om dit te laat herleef.
Die klubgebou in Jason Hamutenya Ndadistraat is in 1990 opgerig. Die klub het tans 80 lede van wie sowat 50 aktiewe hengelaars is.
Hengelaars van Benguella word gereeld in nasionale spanne ingesluit en een van die klub se strewes is om meer junior hengelaars te ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie