Pretoria-woonbuurte gespanne ná plundery
Pretoria-buurte gespanne ná plundery
Ontevredenheid oor burgemeester-kandidaat lei tot onluste
Suid-Afrika se administratiewe hoofstad, Pretoria, is in chaos gedompel nadat mense se ontevredenheid met die ANC se burgemeester-kandidaat tot onluste gelei het.
Toegang tot Atteridgeville in Pretoria is Dinsdagmiddag deur betogers versper nadat voertuie vroeër aan die brand gesteek en ander eiendom beskadig is.
’n Gespanne atmosfeer het Woensdagoggend geheers in townships in en om Pretoria nadat voorvalle van geweld oornag op plekke voorgekom het.
Winkels in Mamelodi en Soshanguve is Dinsdagnag geplunder en die polisie monitor die situasie in al die gebiede wat deur die geweldpleging geraak is. Wetstoepassers het veral Dinsdag hul hande vol gehad om die orde te handhaaf.
David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Woensdagoggend op Talk Radio 702 gesê die meeste gebiede waar onluste die afgelope twee dae voorgekom het, is rustig.
"Mense gaan voort met hul lewe. Die meeste dele is kalm. Daar is net hier en daar nog gebiede waar ons besig is om wrakstukke en oorblyfsels op te ruim," sê Mahlobo.
’n Aantal paaie in en om die townships waar geweldpleging voorgekom het ná die aanwysing van Thoko Didiza as die ANC se burgemeesterskandidaat vir Tshwane was Woensdagoggend nog gesluit, maar die N1-noord, tussen Pretoria en Hammanskraal, is wel weer vir verkeer oopgestel.
Vroeër is berig Pretorianers kan hulle staal vir nog “drie dae” se gewelddadige betogings nadat woedende inwoners van die townships gedreig dat hulle sal voortgaan om winkels te plunder en voertuie aan die brand te steek. Hulle meen pres. Jacob Zuma en ander ANC-leiers dwing ’n burgemeesterskandidaat aan hulle op wat hulle nie wil hê nie.
Die regering gee egter “misdadigers en selfs leiers van ander politieke partye” die skuld vir die geweld.
Verskeie snelweë, paaie, tolhekke, ondernemings, staatsdepartemente en selfs skole in en om Pretoria is ontwrig nadat geweld Maandagaand uitgebreek het ná die aankondiging dat Didiza die party se burgemeesterskandidaat vir Tshwane is.
Kgosientso “Sputla” Ramokgopa, dienende burgemeester, is op die kantlyn geskuif.
Maandagnag is 21 busse uitgebrand. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie