Pretvlug ontaard in doodsvlug
Altesaam 16 mense het Saterdagoggend naby Lockhart in die sentrale deel van Texas gesterf toe die warmlugballon waarin hulle was, aan die brand geslaan het.
Aan boord was ’n groep wat na bewering vir sowat ’n uur met die warmballon sou vlieg. Kontak met die ballon is glo ná sowat 26 minute verloor.
Aanvanklik het berigte ingestroom van ’n moontlike motorongeluk, maar toe lede van die plaaslike polisie op die toneel kom, het hulle die mandjie van ’n lugballon in vlamme gehul gevind.
Kort voor lank het die skoknuus bekend geraak dat daar geen oorlewendes is nie.
Lynn Lunsford van die Federale Lugvaartadministrasie het gesê die warmlugballon het in ’n weiveld neergestort. Wrakstukke van die ballon is direk onder hoë-kragleweringskragkabels gevind.
Erika Grosof van die Nasionale Vervoerveiligheidsraad het gesê ’n volskaalse ondersoek het gister begin.
“Dit is nie ’n maklike ongelukstoneel om te ondersoek nie,” het sy gesê.
Die ongeluk het omstreeks 07:40 Saterdag in ’n veld naby Lockhart plaasgevind wat sowat 30 myl suid van Austin is. Die gebied bestaan hoofsaaklik uit mielielande en weiveld vir beeste met ’n massiewe, hoë kapasiteit kragdrade.
Margaret Wylie, wat in die omgewing woon, het haar hond buite toe geneem toe sy ’n vuurbal in die lug onder die kragdrade sien opgaan. Sy het dadelik 911 gebel. Warmlugballonne word deur Heart of Texas Hot Air Balloon Rides in San Antonio, Houston en Austin bedryf.
Owerhede het nie die name van diegene aan boord bekend gemaak nie en het nie gesê wie die ballon gevlieg het nie.
Die goewerneur van Texas Greg Abbott het die ongeluk as hartverskeurend beskryf en gevra dat vir die slagoffers gebid moet word.
In Februarie vanjaar is 19 buitelandse toeriste by Luxor in Egipte dood toe ’n lugballon vlam gevat en neergestort het.
- Netwerk24/Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie