Prins Harry in Lesotho sonder Meghan

Prins Harry het Lesotho dié naweek stil-stil besoek om ’n nuwe gemeenskapsaal, deel van sy Sentebale-stigting, te open. Hy is nie deur sy vrou, Meghan, die hertogin van Sussex, vergesel nie.

Die Phelisanong-kindersentrum het foto’s van die prins op besoek op hul Facebookblad geplaas. Prins Harry het in 2006 saam met prins Seeiso van Lesotho die Sentebale-stigting in Lesotho op die been gebring.

SENTEBALE

Die stigting help kinders en jong mense wie se lewe deur MIV geraak is. Sentebale beteken “vergeet my nie”.

Die prins was Saterdag op Pitseng om die nuwe kindersentrum te open. Hy het ’n gedenkplaat onthul.

Volgens Kensington-paleis was dit ’n private besoek. Prins Harry besoek Lesotho gereeld.

Op een van sy besoeke het hy die vierjarige Mutsu Potsane ontmoet en is in 2018 met Potsane herenig toe dié 18 was. Seeiso en Potsane het die prins se bruilof op 19 Mei in Windsor bygewoon. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!