Prins William sê hy kom weer

Die hertog van Cambridge is verheug oor die toewyding van bewaarders wat Namibië se unieke renosterbevolking teen stropers beskerm.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Prins William van Brittanje sê hy het Namibië toe gekom om te luister en te leer - en hy sal beslis weer kom kuier.

“Ek was baie gelukkig om eerstehands die uitstekende bewaringswerk in die Kunenestreek te ervaar,” het die hertog van Cambridge Dinsdagaand tydens 'n funksie van die Britse hoë­kommissariaat in Windhoek gesê.

“Ek was stomgeslaan deur die toewyding van die bewaarders wat Namibië se unieke swartrenosterbevolking in die woestyn teen stropers beskerm. Dit was ongelooflike om mense van soveel verskillende vlakke van die Namibiese samelewing te ontmoet wat sulke belangrike werk doen.”

Prins William is die koninklike be­skermheer van Tusk wat ondersteuning bied aan die Red die Renosterfonds (SRT) en die Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC).

“Ek is beïndruk hoe plaaslike ­gemeenskappe, die ministerie van die omgewing en toerisme, asook nieregeringsorganisasies saam werk om renosters veilig te hou. Dit is 'n model wat ek hoop ander kan volg - beide hier in Namibië en oral in Afrika.”

KUNENE MENSEPARK
Prins William sê dit was veral inspirerend om direk van die gemeenskapsleiers te hoor van die stigting van die Kunene Mensepark in die bewaringsgebiede in die streek.

“Inisiatiewe soos hierdie is nood­saaklik om te verseker dat gemeen­skappe baat uit die beskerming van hul natuurlike erfenis en poog om mens-dier-konflik te verminder.”

Hy sê dit is waarom Namibië se stem oor hierdie moeilike onderwerpe by die komende Onwettige ­Wildhandel-konferensie in Londen so belangrik is.

“Dit is waarom ek Namibië toe wou kom - om te luister en te leer.”

Prins William het gesê “as ek meer tyd gehad het, sou ek graag die Etosha Nasionale Park wou besoek.

“Ek is die president van United for Wildlife wat die Red die Renostertrust Internasionaal met ­innoverende tegnologie ondersteun om stropery in Etosha te bekamp.

“Dit is nóg 'n rede waarom ek weer sal moet terugkom.”

Die hertog het gesê elke sewe minute word 'n renoster doodgemaak. Daarom is hy verheug dat pres. Hage Geingob die konferensie in Oktober gaan bywoon.

“Onwettige wildhandel is 'n internasionale probleem wat vasberade politieke leierskap verg.”

Prins William sê hy was geëerd om Geingob reeds in April by die Statebondberaad vir staatshoofde in Londen te ontmoet.

Volgens die prins ondersteun Namibië die beginsels van die Statebond-handves, veral kwessies oor geslagsgelykheid en klimaatsverande­ring. Namibië het ook aangesluit by die Statebond se Skoon Oseane-­alliansie se program om plastiek - ook in nasionale parke - te verminder,

“Ek is verstom deur die skoonheid en afgeleë landskappe van Namibië. Jul land is bekend vir sy pragtige omgewing en wildlewe. Bewaring is 'n kwessie wat na aan my hart lê, en ek weet dit is ook iets waarop julle baie trots is.”

Die prins het gesê dit is jammer dat sy vrou, Catherine, hom nie kon vergesel Namibië toe nie en geskerts “ek weet sy is baie jaloers op my”.

Die funksie is deur verskeie hoëlui soos onder meer ministers, diplomatieke lui, Mej. Namibië, Namibiese sportsterre en verteenwoordigers van nieregeringsorganisasies bygewoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!