Prins William vereer dr. Pete Morkel
Prins William vereer dr. Pete Morkel

Prins William vereer dr. Pete Morkel

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Baanbreker in Namibiese natuurbewaringskringe, dr. Pete Morkel, het verlede Donderdag tydens die Tusk-bewaringstoekennings in Londen die Prins William-toekenning vir bewaring in Afrika ontvang.

Morkel, 'n legende in Namibiese bewaringskringe, het vir meer as 35 jaar sy voetspore diep in bewaringskringe in Afrika getrap.

Hy staan bekend vir sy ongekende vaardighede in wildvang en -verskuiwings, en het 'n aansienlike impak op wildbestuur en -bewaring oral op die vasteland gehad.

Morkel is een van die wêreld se voorste kundiges in renosterbewaring en -bestuur. Hy het van die grootste bydraes gelewer en 'n sleutelrol gespeel in die verskuiwing en bestuur van vele wildbevolkings in Afrika.

Hy het vele wildspesies soos renosters, olifante en kameelperde van nekbande voorsien wat daartoe gelei het dat 'n hoër vlak van kennis van hierdie spesies ingewin is.

Morkel is in Zimbabwe gebore en het sy graad in veeartseny aan die Universiteit van Pretoria verwerf waarna hy voltyds as wildveearts gewerk het.

Hy was hoof van die Namibiese wildvangeenheid, waarna hy as veearts in die Etosha Nasionale Park gewerk het. Daarna was hy hoof van die wildvangeenheid en veeartsenydienste van Suid-Afrika se Nasionale Parkeraad. As die koördineerder van renostersake vir die Frankfurt Dieretuin-vereniging, het Morkel vir ses jaar die Ngorongoro-krater se renosterprojek bestuur.

Prins William is die koninklike beskermheer van die bewaringsorganisasie Tusk en het in September in dié hoedanigheid Namibië besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!