Prinse maak harte oop in dokumentêr
Arlene Prinsloo
In die lewe was Diana, ontslape Prinses van Wallis, se twee seuns haar alles.
Sy sou juis op 1 September, die dag ná haar en Dodi Fayed se laaste aand in Parys, na Londen terugkeer om haar seuns weer te sien ná hul vakansie saam met hul pa op Balmoral in Skotland.
Vanjaar, met die 20ste herdenking van Diana se dood op 31 Augustus, het prins William en prins Harry hul harte oopgemaak om met die TV-kanaal ITV saam te werk aan 'n dokumentêr oor hul ma, getiteld Diana, Our Mother: Her Life and Legacy.
In 'n voorskou wat Saterdag uitgereik is, blaai die twee broers deur 'n private fotoalbum wat Diana saamgestel het. William wys na 'n foto van hom en sy ma en sê dat hulle drie eintlik almal op die foto is, want Diana was swanger met Harry.
Diana het altyd na die tyd voor Harry se geboorte verwys as die gelukkigste tyd in haar en prins Charles se huwelik.
'Stout' ouer
Die twee prinse vertel verder hoe lief Diana vir hulle was, en dat sy die “stout” ouer was.
Harry vertel in die voorskou dat dié dokumentêr – een van vele oor Diana in aanloop tot die herdenking op 31 Augustus – die eerste keer is dat hy en sy ouer broer oor Diana as ma praat.
Albei broers het in die jare ná Diana se dood – William was 15 en Harry 12 met haar dood – nooit oor die verlies van hul ma in die openbaar gepraat nie. Hulle het egter onlangs begin om ál meer na hul ma in openbare optredes te verwys.
William het al gesê sy ma se dood is vir hom nog net so skokkend soos die oggend van 31 Augustus 1997 toe sy pa hom in die Balmoral-kasteel in Skotland van sy ma se dood vertel het.
Afwaartse spiraal
Harry het onlangs in 'n onderhoud met Newsweek gesê hoe moeilik dit as 12-jarige was om so agter sy ma se kis aan te stap.
Vroeër vanjaar het Harry ook onthul hoe hy op aandrang van William professionele hulp gaan soek het om Diana se dood te verwerk. Hy het vertel hoe hy homself emosioneel afgesluit het en vir 'n tydperk van twee jaar op 'n afwaartse spiraal was waartydens hy gevoel het hy wil “iemand net slaan”.
Ook William het in 'n onderhoud met die tydskrif GQ vertel hoe hy sy emosies oor sy ma se dood “weggebêre” het en hoe moeilik dit was om in die openbare oog te rou.
Die twee prinse – die 35-jarige William is nou slegs 'n jaar jonger as toe sy ma op 36-jarige ouderdom oorlede is – het vanjaar reeds goedkeuring vir 'n Diana-gedenktuin in die Kensingtonpaleis se tuine verleen, asook 'n standbeeld van Diana wat nader aan die herdenkingsdatum in die tuine van die Kensington-paleis onthul sal word.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie