Prinses Charlene skitter tussen sterre
Prinses Charlene skitter tussen sterre

Prinses Charlene skitter tussen sterre

Prinses Charlene en haar man, prins Albert II, was Donderdagaand omring deur bekendes ten tyde van die Monte Carlo Global Oceans-galageleentheid.

Die prins en Charlene het gelukkig gelyk en hy het haar selfs ’n piksoen op die wang gegee by dié glansryke liefdadigheidsgeleentheid waar ’n rits bekendes te siene was. Die gala is deur die Prins Albert II van Monaco-stigting aangebied om die volhoubaarheid van oseane te bevorder.

Die akteur Leonardo DiCaprio het ten tyde van die geleentheid ’n eerbewys ontvang vir sy “voorbeeldige optrede teenoor die bewaring van die planeet”, lui ’n verklaring op die webtuiste van die hotel Monte Carlo SBM.

Charlene (39) het elegant gelyk in ’n skouerlose aandrok. Die swart en goue rok het ’n subtiele spleet wat haar bobeen gewys het. Sy het die voorkoms met minimale bykomstighede afgerond.

Prins Albert het onlangs in ’n onderhoud onthul dat dit moeilik kan wees om in die openbare oog te lewe, berig die Daily Mail.

“Ek beskou myself meestal as ’n private mens, so dit is moeilik om in ’n baie openbare situasie op te tree.”

Hy sê ’n mens leer egter hoe om dié situasies te hanteer en om met ’n glimlag deur te druk. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer