Privaat sektor wil Etosha-paaie gelyk maak
Die park is ’n nasionale bate en moenie verwaarloos word nie, meen een van die mans aan die stuur van ’n projek om instandhouding te bevorder.
Tanja Bause - Etosha Nasionale Park se paaie is tans in ’n haglike toestand, met sommige wat skaars toeganklik is.
Danksy mnr. Chris Theron is ’n private inisiatief van stapel gestuur om die hele park se sandpaaie te laat skraap.
“Die padnetwerk van 400 km in die park word tans deur slegs twee padskrapers in stand gehou en dit is ’n onbegonne taak. Paaie wat meer afgeleë is, soos die klein pad wat na die Leeubron-watergat toe lei, is vier jaar laas geskraap,” sê Theron.
“Die park is ’n nasionale bate en ons kan nie toelaat dat dit platval omdat niemand op die paaie kan ry nie.”
Hy het ook die Uis-waterprojek in 2017 van stapel gestuur.
Hierdeur het hy water vir die Uis-gemeenskap en omliggende gebiede laat insamel en aflewer aan gemeenskappe wat maande lank sonder water was.
“Die noodwaterplan is ‘n noodplan deur Namibiërs vir Namibiërs, en met geen geldelike gewin nie,” het Theron destyds gesê.
Só is dit ook met die insameling van fondse ten bate van Etosha se paaie.
“Ek is in beheer van die geld en dit word slegs aangewend om kontrakteurs te betaal. Nie ’n enkele sent gaan aan die regering nie. Dit word slegs vir die skraap van die paaie aangewend. Niemand mag geld namens my vir die projek in ontvangs neem nie,” sê Theron.
Hy sê hy was vantevore by die Paaieowerheid (RA) betrokke en het ’n paar kontrakteurs genader en ’n versoek om hulp in die sosiale media geplaas.
“Kontrakteurs het onmiddellik hul hulp aangebied. Ek het oproepe van mense uit Windhoek, Otjiwarongo en Outjo ontvang wat hul padskrapers, waterlorries en werkers aangebied het. Dit is wonderlik hoe Namibiërs altyd gewillig is om te help waar nodig en iets vir die land en sy mense te doen.”
Volgens Theron gaan die betrokke paaie snags geskraap word sodat die park se werksaamhede nie ontwrig word nie.
“Ons kan so tussen 80 en 100 km ’n nag skraap. Wanneer die son opkom, sal die pad droog wees en die gewone verkeer sal die grond saampers. Niemand sal eers weet dat ons in die nag die pad geskraap het nie,” sê hy.
Mnr. Nick Putter, ’n ingenieur, is saam met Theron aan die stuur van die projek.
Belangstellendes kan Theron by 081 241 8376 of Putter by 081 124 9953 kontak.
“Die projek is ’n inisiatief van die privaat sektor. As die toerismebedryf, toeroperateurs en toergidse hande vat, kan ons die paaie binne ’n maand weer op standaard kry,” sê Theron.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie