Privaat skool met ’n verskil
Tanja Bause
Die Heritage Private School in Windhoek bied klasse met ’n verskil vir leerlinge vanaf graad 0 tot 11 aan.
In 2005 is die Tanben College gestig en in 2018 is die naam na die Heritage Private School verander. Die skool volg die Namibiese leerplan en is by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur geregistreer.
Volgens die direkteur, mnr. Oscar Muyambo, bied die skool Franse klasse aan.
“Ons wou ’n internasionale flair skep, maar ons het ook baie Angolese en Portugese leerlinge. Engels en Frans is die tale wat internasionaal die meeste gepraat word. Ons onderwysers praat Portugees met die kinders, maar Frans as vak word in Namibië herken,” het hy gesê.
Wat die skool van ander privaat skole onderskei, is dat hulle filosofie as deel van hul leerplan aanbied.
“Ek weet uit ervaring die gewone leerplan berei jou nie voor vir die lewe daar buite nie. Baie kere praat jy met mense wat later in hul lewe met hul beroepskeuses gefrustreer is. Ons het gereeld gassprekers by die skool om leerlinge aan te moedig om groot te droom en om nie skaam te wees om hulle drome na te jaag nie. Ons sprekers is Namibiese suksesstories. Mense wat ryk is en ’n Ferarri ry. Ons wil hê die kinders moet vol selfvertroue wees en nie skaam wees omdat hulle goed wil hê nie.”
Nog iets wat Heritage Private School anders maak, is hul benadering tot sosiale media.
“Ons leer die leerlinge om voor ’n kamera te staan, hoe om die kamera en sosiale media te gebruik.”
Volgens Muyambo is hul werwingsproses ook anders as by ander privaat skole.
“Ons neem leerlinge in ongeag wat hulle akademiese punte is. Ons is ’n skool vir die middelklas. Baie ouers bring hulle kinders na ons omdat hulle in die staatskole nie presteer nie. Ons aanvaar die kinders en hulle doen beter by ons, omdat ons net 15 kinders per klas is en hulle die nodige aandag kry. Ons onderwysers is ook toegewy en nie bang om oortyd te werk nie. Ons het ook ’n webblad waarop al ons lesse geplaas word. Dus wanneer ’n leerling ’n klas mis, kan hulle dit daarvan aflaai en leer. Daar is geen verskonings om nie die beste te wees en te gee nie.”
Die primêre skool huisves tans 45 leerlinge en 15 in die sekondêre skool
“Ons is nog ’n jong skool en baie mense weet nog nie van ons nie. Ons aanvaar ook nog leerlinge en gewoonlik kom daar nog baie meer oor so ’n maand of twee. Ons het plek vir 100 leerlinge by die skool.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie