Privaat, staat moet hande vat voor vierde golf
Die derde Covid-19-golf is gekenmerk deur ’n tekort aan dokters, opgeleide verpleegpersoneel, beddens en suurstof.
Henriette Lamprecht – Verskeie dringende, lewensreddende behandelings wat deur Covid-pasiënte vereis word, word nie tans deur die huidige Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) se stelsel van behandelingsbeskrywings gedek nie.
Sommige mediese fondse het glo betaling vir dié behandelings geweier, terwyl ander dit op ’n “geval-tot-geval-basis” hanteer het dikwels lank ná dié behandeling reeds verskaf is.
Die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) verwys in ’n opname na verskeie struikelblokke wat ervaar is tydens Namibië se verwoestende derde golf van die pandemie en ’n poging om reeds nou stelsels in plek te hê om ’n volgende golf suksesvol te kan hanteer.
In wat voorkom as ’n gebrek aan koördinering tussen die private en openbare sektor en wat tot ’n gebrek aan kwaliteitsorg vir pasiënte gelei het, word tekorte aan dokters, opgeleide verpleegpersoneel, beddens en suurstof uitgesonder.
Dit sonder ook Namaf se stelsel vir standaardtariewe uit wat deur alle mediese fondse in die land gevolg word en wat blyk asof dit onvoldoende is om voorsiening te maak vir die behandeling wat vereis word.
“Ongelukkig kom dit neer op die dokter wat deur etiese standaarde gebind word om die nodige sorg te verskaf, net om ná die tyd uit te vind hy gaan nie daarvoor betaal word nie,” sê die NPPF.
Hoewel sommige private fondse wel verskeie wysigings aan die normale reëls aangebring het, was dit volgens die NPPF
ongekoördineerd en het mediese praktisyns met 'n groot administratiewe las gelaat, omdat fondse dit op ’n geval-tot-geval-basis behandel het.
“Kosbare behandelingstyd is verkwis met private diensverskaffers wat die verantwoordelikheid moes neem om beddens vir pasiënte te vind en spesiale reëlings met mediese fondse op ’n geval-tot-geval-basis moes tref.”
Dit verwys na die vereiste dat ’n dokter op skrif moet motiveer en ’n kliniese prentjie van elke pasiënt moet indien en dan vir die fonds se goedkeuring moet wag.
“Die kwaliteit van behandeling is getemper deur die onsekerheid by diensverskaffers oor of mediese fondse hulle gaan vergoed vir tyd, toetse, suurstof en toerusting, veral met persoonlike beskermende toerusting (PPE’s).
Die NPPF sê vergoeding vir eksklusiewe sorg sowel as voldoende PPE’s moet standaard en realisties wees. Die NPPF noem as voorbeeld fondse wat N$25 uitbetaal het, teenoor die werklike koste van N$125.
Vergoeding van eksklusiewe sorg waartydens die dokter langs die bed van die pasiënt bly om sy behandeling en toestand te monitor, is volgens die NPPF “eenvoudig geweier” omdat Namaf se standaardtariefstelsel slegs voorsiening maak vir eksklusiewe sorg in ’n intensiewesorgeenheid (ICU’s).
Die NPPF bevraagteken ook sommige mediese fondse wat nou hul eie suurstofkonsentreerders aangekoop en wat deur lede geleen kan word.
“Hoe lank neem dit vir so ’n masjien om die pasiënt in ’n afgeleë gebied te bereik? Wie gaan intussen die suurstof verskaf en indien wel, gaan dit deur die fonds betaal word? Wie gaan die vereiste administrasie vir die huurooreenkoms doen? Wat gebeur met die masjien as die pasiënt dit nie meer nodig het nie? Wie besluit wie kry die masjiene, die fonds of die dokter? As die fonds nie genoeg masjiene of binne die vereiste tyd kan verskaf nie, wie is aanspreeklik vir die gevolglike lang termyn newe-effekte of selfs dood van ’n pasiënt weens ’n gebrek aan suurstof?”
Verskaffers van gesondheidsdienste moet ook toegelaat en vergoed word vir die toets van elke pasiënt met ’n goedgekeurde kitstoets. Die vergoeding van die voorsiening van suurstof moet gestandaardiseer en in ooreenstemming met veral mediese fondse wees.
Volgens die NPPF word Covid-medikasie uit dag-tot-dag- of akutevoordele betaal. Wanneer dit uitgeput is, betaal die fondse nie vir die medikasie sonder spesiale toestemming en met die onus van die verskaffer nie.
Om die suksesvolle koördinering en die band tussen die private en openbare sektor voor ’n volgende golf te versterk, stel die NPPF plaaslike owerhede (munisipaliteite) se rampbestuurkomitees (DRMC) wat in plek en aktief is, ’n deursigte rampfonds, geskikte en toegeruste geboue vir pasiënte en ’n vinnige reaksiekomitee van mediese fondse vir Covid (CQRC) voor. Die hoofdoel van die CQRC is om alle dringende kwessies wat verband hou met die toets en behandeling van Covid-pasiënte te hanteer en te koördineer. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie