Privaatskole openingseremonie geen vrot pampoen
Privaatskole openingseremonie geen vrot pampoen

Privaatskole openingseremonie geen vrot pampoen

Die 2017 Privaatskole Sportnaweek skop af met ’n klomp eregaste en gaskuns-tenaars op Windhoek Affies se sportgronde.
Helene Bam
Esmarie Boshoff, Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Die son sak vinnig oor Affies Park en saam met dít die temperatuur, maar steeds maak ouers en grootouers van dwarsoor die land hulself gereed op die nuutgeboude hoofpawiljoen. Leerders hardloop met los veters na waar hulle moet aantree, organiseerders gee die laaste reëlings deur van een punt na ’n ander en onnies sukkel tevergeefs om die kleintjies in reguit rye te laat staan. Die opgewondenheid is net te veel, want die 2017 NAPSO-Privaatskole Sportnaweek se Openingseremonie het amptelik begin.
Windhoek Afrikaanse Privaat-skool, hierdie jaar se gasheer, het baie moeite gedoen om seker te maak alles en almal is op hul plek vir die optog op Donderdag, 1 Junie. Daarna is elke skool, gelei deur hulle eie Mnr. en Mej. Privaatskole verteenwoordigers, oor die veld na waar hulle voor die pawiljoen aangetree het. Al 15 skole het teen 17:00 al begin regstaan en hul leerlinge bymekaar gekry. Teen 18:30 het die eerste skool begin stap.
Mnr. Arno van Wyk, die hoof uitvoerende bestuurder van WAP, het die verwelkomings gedoen en vir Mnr. Charl Celliers, voorsitter van WAP se beheerraad, aan die woord gestel. Mnr. Bertus Walters, die uitvoerende bestuurder van Securitas en dié geleentheid se hoofborg, en Mnr. Tony Tripodi, die hoof uitvoerende beampte van NAPSO, het ook hul spreukbeurt gekry.
Lizelle Esterhuizen, Mej. Namibië 2016, het al die deelnemers vir die Mnr. en Mej. Privaatskole voorgestel. Dié geleentheid het op Vrydag, 2 Junie, plaasgevind. Mnr. Charles Kabajani, die Adjunk Permanente Sekretaris van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en raadslid Muasee Kazapua, die burgemeester van Windhoek, was ook albei eregaste wat met die skare van byna 15 000 mense gepraat het.
Daar word jaarliks ’n fakkel oorhandig vanaf die skool wat tans die Privaatskole naweek aanbied na die skool wat die taak die volgende jaar sal moet oorneem.
Dié jaar het Windhoek Affies se hoofseun, Benna van der Walt, die fakkel oorhandig aan Edugate se hoofmeisie, Lourie-Anne Potgieter.
Dit beloof om altyd ’n spesiale ­geleentheid gedurende die aand te wees. Daarna volg die sing van die ­geleentheid se eie Privaatskole-lied en die Volkslied.
Vir die eerste keer ooit in die geskiedenis van Privaatskole, het ’n verrassingsgaskunstenaar die skare kom vermaak met ’n klomp van sy treffers: Steve Hofmeyr. Toeskouers het sommer op die gras met mekaar begin sokkie om bietjie hitte te verkry van die koue naglig af en kon natuurlik na die tyd foto’s saam met hom gaan neem het as ’n bewysstuk vir hierdie aangename verrassing.
Daar was baie gekuier en baie gepraat, baie ou gesigte gesien en baie nuwe gesigte gesien, maar die feit bly staan dat hierdie jaar se openingseremonie ’n groot sukses was en ons kan nie wag om te sien wat volgende jaar vir ons wag nie.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A