Privaatskolenaweek: Toe en nou
Migael McLoud en Jonette De Koning van Tsumeb Gimnasium - ’n Hoogtepunt op al die privaatskole in Namibië se kalender is die Privaatskolenaweek (PSN). Iets waarna elke kind heel jaar uitsien. Nog ’n geleentheid om te kuier en talente uit te leef. Omdat hierdie naweek so ’n merkwaardige geleentheid is, het ons besluit om meer van die suksesvolle verhaal uit te vind. Om meer hiervan te kon uitvind het ons ’n paar vrae aan mnr. Wouter Niehaus – een van die stigterslede gerig. So ook aan mnr. Petri van Wyk oudskolier en huidige onderwyser by Tsumeb Gimnasium.
Onderhoud met Wouter Niehaus
Wie se blink idee was die PSN aanvanklik ?
Dit was oorspronklik my idee. Dit het nooit in my gedagtes opgekom dat dit sal word wat dit vandag is nie.
In die begin was dit net my idee dat Noorde en Suide skole met mekaar kompeteer. Tsumeb Gimnasium het Elnatan gekontak en so is die eerste PSN op Tsumeb gehou.
Met watter doel is die privaatskolenaweek gestig ?
Die doel was om twee privaatskole met ouers en kinders wat dieselfde karakter en kultuur het te verenig.
As stigters van die PSN voel meneer dat die fokus dalk deur die jare verskuif het ?
Nee ek voel die fokus is nog steeds dieselfde. Wanneer ek hier rondloop en met ouers praat kom ek agter dit is nog steeds positief en die klem lê nog steeds in karakter.
Wat is persoonlik vir meneer spesiaal aan die PSN ?
Hier is duisende mense bymekaar wat elke maand ten duurste betaal om vir hul kinders die beste te bied en hierdie is die beste geleentheid daarvoor.
Hoe voel meneer oor die sukses wat vandag met die PSN bereik word ?
Elke jaar het daar net meer privaatskole bygekom. Dit maak my baie positief. Ons het toe besluit om vir ander privaatskole ook die geleentheid te gee om dit aan te bied. So groei dit elke jaar.
Wat voel mnr. is die geheim agter die PSN se groot sukses ?
Eerstens is die algemene staatsopvoeding redelik onder standaard. En tweedens die ouers het besef gratis opvoeding is nie altyd ’n opsie nie.
Onderhoud met Petri van Wyk
Wat het verander van die eerste PSN tot die huidige een ?
In die begin was daar slegs twee skole en nou is daar ’n wye verskeidenheid. Die eerste paar PSN’e het ons die besoekende skool geen geld gevra vir enigiets nie omdat ons gevoel het die brandstof reeds duur was.
Is die atmosfeer nog steeds positief ?
Definitief! Dit is en was nog altyd heerlik om met ander skole te meng.
Hoe verskil dit uit die oogpunt van ’n kind en onderwyser ?
As kind bou jy vriendskappe met ander kinders omdat jy elke jaar teen dieselfde en nuwe skole se spanne speel en saam kuier. Onderwysers weer verbreed hul opvoedkundige horisonne. Dit is vir my so lekker om die gees hier te beleef.
Het dit enige invloed op meneer se lewe gehad as kind ?
Ja dit het omdat ek vriende reg oor die land kon maak op en van die veld af. Jy leer ander mense ken wat net soos jy is.
Wat is vir meneer die mees besonderste van als van die PSN?
Die feit dat daar nie altyd so ’n kompeterende atmosfeer is nie omdat meeste van die wedstryde vriendskaplik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie