Privaatskolenaweek: Voordelig of ’n risko?
Die NAPSO-Securitas Privaatskolenaweek dien as ’n leergeleentheid om meer ondervinding te kry in verskeie sportsoorte, maar daar kom steeds ’n hele klompie beserings voor.
Lee-Ann Lowe (Windhoek Afrikaanse Privaatskool) en Mia van Wyk (Walvisbaai Privaat Hoërskool) - Die volgende sportkodes is aangebied tydens hierdie fyn-beplande naweek: Rowwe rugby, senutergende netbal, tawwe tennis, langdradige jukskei, ernstige skaak, waaghalsige fietsry, gevaarlike boogskiet en harde hokkie.
Mnr. Henjan van der Hyde, rugby-afrigter te Walvisbaai Privaatskool, beskou die Privaatskolenaweek as geen risko of bedreiging nie, juis oor die feit dat alle wedstryde vriendskaplik is.
Hy meen ook dat die naweek geleentheid nie net die spelers die kans gee om hulself te verbeter nie, maar ook vir spanne om mekaar beter te leer ken om sodoende beter te presteer in die liga-wedstryde.
Ruan Oosthuizen, Windhoek Afrikaanse Privaatskool se 1ste-span seunshokkie afrigter, sien die Privaatskolenaweek as ’n goeie toernooi om spanlede nader aan mekaar te bring en spangees te bou. Hy gebruik hierdie toernooi ook as geleentheid om sy strategieë te toets en ook sy spanspelers te toets om sodoende op ’n definitiewe ligaspan te besluit.
Ruan sê wel dat hy as afrigter ’n risiko loop met sy spelers, maar hy beveel ook aan dat sy spelers hulself nie in ’n gevaarlike situasie plaas en dan onnodige beserings veroorsaak nie.
’n Ander afrigter is egter meer skepties oor die Privaatskolenaweek omdat sy voel as haar spelers ernstig beseer word tydens die Privaatskolenaweek, hulle nie genoeg ander spelers gaan hê om ’n ligaspan in te skryf nie.
Sy beskou steeds die Privaatskolenaweek as voordelig omdat hulle spelers die nodige kans gegun word om hulself te verbeter.
Sy meen ook dat sy as afrigter self ’n paar nuttige afrigtingswenke van ander afrigters gekry het en die geleentheid gebruik het om te bepaal wie waar in die liga-wedstryde sal speel.
Soos elke situasie of geleentheid voordele en nadele het, so ook het die NAPSO-Securitas Privaatskolenaweek sy eie voordele en nadele en is alle afrigters meer as gewillig om die risiko’s te neem in hierdie opvoedkundige naweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie