Privaatskool Excelsior maak hart en beursie oop
Tydens die Privaatskool Excelsior se jaarlikse huisatletiekbyeenkoms, wat weer 'n groot sukses was, het hulle besluit om in die gemeenskap terug te ploeg. Aangesien Excelsior perdry as 'n sport by die skool aanbied, meen hulle dit was heel van pas om geld vir die woestynperde by Aus in te samel. Só het hulle N$2 000 ingesamel. Excelsior daag ander skole uit om ook by Aus se woestynperde betrokke te raak. Hier is van die atlete by die huisatletiekbyeenkoms.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie