Privaatskool Moria hou kermis in bibberweer
Privaatskool Moria hou kermis in bibberweer

Privaatskool Moria hou kermis in bibberweer

Gerine Hoff
Privaatskool Moria se kermis was weer ’n lekker kuiergeleentheid.
Dié geleentheid is bekend as die tyd waar daar steakbraai gehou word, saam met lekker musiek en ou bekendes. Die yskoue weer het wel ’n paar mense by die huis laat bly, maar die res het heerlik gekuier.
Die Moria-kermis­program het Donderdag 25 Junie afgeskop met ’n ABBA-interhuis-sangaand tussen die Rooi- en Blou­span, wat laasgenoemde te danke aan hul weer­gawe van “Super Trooper” gewen het. Pryse is ook oorhandig aan kinders en volwassenes wat volgens die tema die beste aangetrek was. Die Groenspan wat uit Moria se onderwysers bestaan het, het weer vir baie pret gesorg. Terwyl hulle op die maat van “Money, money, money” hul pad na die verhoog gevind het, het hulle muntstukke tussen die kinders ingegooi. Daarna het hulle die gehoor verder met ’n dans vermaak.
Op Vrydag 26 Junie het die graad 12’s omtrent die strate van Outjo op hol gehad, toe hulle om 12:00 met hul vlot en kaskar deur die strate beweeg het en kermisprogramme uitgedeel het. Om 14:00 het die hele skool deur Outjo beweeg vir ’n “hoede-en-wiele-optog”, begelei deur die Moria Kermis Muise.
Die o.19 “Classic Clashes” netbalwedstryd tussen Privaatskool Moria en Edugate Academy het in ’n oorwinning vir Edugate geëindig. Daarna was dit tyd vir ’n o.19 rugby ligawedstryd tussen Privaatskool Moria en Pro-Ed Akademie van Swakopmund. Pro-Ed het by hierdie geleentheid ’n mooi oorwinning behaal.
Die steak- en Schnitzel-ete saam met die klanke van Pieter Smith was ’n kuier waarvan almal nog lank sal praat.
Op Saterdag 27 Junie was die sportverrigtinge reeds vroegoggend besig. Buurdorpe – sover as ­Oshakati – se skole is genooi om aan die Privaatskool Moria Laerskole-sportdag deel te neem. Talle stalletjies het die kinders besig gehou – tussen die 34 rugby- en 64 netbalwedstryde.
Alle oudleerlinge, oud­ouers, oudonderwysers en vriende van Moria word nou al genooi na die skool se 25ste feesvieringe tydens volgende jaar se kermis.

PRYSWENNERS
Die volgende mense het pryse in die gelukstrekking gewen. Pryse moet vóór 31 Julie 2015 by die skool afgehaal word en is vir ses maande geldig.
• Bennie Swart (Brandberg White Lady Lodge, Uis) • Chana Zorzetto (Ground Rush Adventures, Swakopmund) • Pieter-Daan Mostert (Hotel Pension Rapmund, Swakopmund) • Yolandi Pienaar (Levo Dolphin Cruise) • Rita Lambert (Mopane Village Lodge) • Flip Liebenberg (Super­sport Walvisbaai, visstok) • Jacques Joubert (Jennifer Skincare, Otjiwarongo) • Wimpie Agenbach (Charisma Fotosessie, Outjo) • Annetjie van Zyl (Jenny’s Pictures, Walvisbaai) • Thinus Cronjé (Miglio geskenkbewys) • Arielle Bothma (Multiplex Tyres & Spares, Outjo) • Margaret Cronjé (Bianca’s Skincare, Otjiwarongo)

KAARTJIEVERKOPE
• Hoërskoolleerling: Stephen Krus; Laerskoolleerling: Ryno de Sousa. Elkeen wen N$1 500.
• Jessica en Jacques Cronjé het elkeen N$2 100 se kaartjies verkoop, daarom deel hulle die eerste prys van N$700 en ’n N$500 geskenkbewys van Musica ; en die 2de prys van N$500 en ’n N$300 geskenk­bewys van Sportsmans Warehouse.
• Klas met die meeste verkope: Me. Suzanne Smit en die graad 3-klas, wat N$2 000 wen.

OPTOG
• Die leerlinge en ouers het baie moeite gedoen met die wiele (vlotte, fietse en trapkar), hoede en blikkies vir die optog. Die tema was die atletiekfrokkiegeel en 100% Moria en beoordelaars het omtrent kop­gekrap oor wie die wenners moes wees. Die laer- en hoërskoolleerlinge met die mooiste, vrolikste en treffendste hoede was Jo-Ann Mostert en Hannah Visser. Die oulikste fiets met stert en al, is deur Durand Louw gewen.
Dan was daar leerlinge wat hul fietse, hoede en blikkies pragtig versier het. Die wenners is Gideon Kotze, Franko Engelbrecht, Burton Weakley, Theuns Alberts en Jarred Smith.

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!