Privaatskool Welwitschia spog met nuwe perseel
? Span toegewyde onderwysers onderrig ‘met die hart’.
Michelline Nawatises
Privaatskool Welwitschia het op 3 Julie amptelik die nuwe perseel van sy laerskool in Mozartstraat in die hoofstad ingewy.
Die hoërskool is steeds by Brakwater, 20 km noord van Windhoek, geleë.
Welwitschia maak voorsiening vir alle leerlinge, ongeag hul akademiese en fisieke vermoëns, asook emosionele behoeftes.
Volgens die skoolhoof, me. Magdalena Jann, is die skool se hoofprioriteit om aan elke kind in elke klas gehalte-onderrig te bied.
Sy het gesê 'n unieke eienskap van die skool is die multifunksionele ondersteuningspan wat aktief by die skool betrokke is. Dit sluit ? skooladviseur met kliniese agtergrond in wat ondersteuning bied vir die sosiale en emosionele welsyn van die leerlinge. Daar is ook ? opvoedkundige sielkundige wat assesserings doen en leerondersteuning bied.
Situmbeko Likando, die hoofseun van die laerskool, het gesê die verskuiwing gaan baie help. "Ek is 'n bietjie hartseer, maar dit was 'n goeie stap, want verandering is nodig.”
Een van die leerlingraadslede, Gerhard Awarab, het gesê die skuif is tot sy voordeel: "Ek staan gewoonlik laat op, wat maak dat ek ook laat is vir skool, maar nou is dit naby." Hy het gesê hy sal Brakwater mis, want hy hou van die natuur.
Me. Antonette Wentworth, een van die leerlinge se voog, het gesê die skool bied die nodige ondersteuning vir haar neef. "My neef het disleksie, wat veroorsaak dat kinders sukkel om woorde, letters en ander simbole te lees of te interpreteer, maar dit beïnvloed nie intelligensie nie. Die skool bied een-tot-een-opleiding, wat baie help," het sy gesê. Volgens haar bied Welwitschia ‘n rustige leeromgewing. Die kinders word nie onder druk geplaas of as ‘anders’ beskou nie, maar eerder as deel van ‘n groot gesin.
"Die onderwysers help hulle om die gawes buite hul disleksie te ontdek," het sy gesê.
“Die kinders kan ook vrylik rondbeweeg om met vrymoedigheid met mekaar te kommunikeer en mekaar te motiveer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie