Private fondse: Nog geen bydraes tot lede se inenting
Private fondse: Nog geen bydraes tot lede se inenting

Private fondse: Nog geen bydraes tot lede se inenting

Private mediese fondse het reeds ’n jaar gelede ingestem om namens hul lede ‘n bydrae te maak tot die staat se onkoste vir inentings.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Maande nadat ’n regeringsaankondiging gemaak is oor private mediese fondse se bydrae tot lede se inenting teen Covid-19, sloer die proses steeds.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het in November verlede jaar aangekondig die regering het deur die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (NAMAF), fondse in die land betrek om maniere vir hulle te vind om by te dra tot die inenting van lede en afhanklikes teen Covid-19.

Shangula het toe gesê die tegniese konsultasies is voltooi en die voorstel was dat mediese fondse ’n bedrag van N$713,68 per dosis bydra vir elke lid en afhanklike wat ingeënt word. Volgens hom sou die ministerie gereeld ’n lys van ingeënte persone aan die ministerie van finansies vir skakeling met die mediese fondse verskaf.

Mnr. Steve Tjiuoro, Namaf se uitvoerende hoof, het toe by navraag bevestig private mediese fondse in die land het reeds tydens onderhandelinge in Februarie en Maart verlede jaar en voor die derde golf van die pandemie, ingestem om namens hul lede ‘n bydrae te maak tot die staat se onkoste vir inentings.

Volgens Tjiuoro het fondse die bydrae van die begin as ‘n goeie herbelegging in nasionale gesondheid beskou. Die bydrae geld net vir lede van private mediese fondse; nie Psemas as staatsplan nie.

Namaf het in November verlede jaar egter nog op die regering gewag om meer gedetailleerde berekeninge te verskaf. Die vereniging het intussen by monde van sy woordvoerder, me. Uatavi Mbai, gesê Namaf is ‘n lid van die Covid-19 nasionale taakspan wat die koste per dosis vir goedkeuring deur die ministeries van gesondheid en finansies voorgestel het.

“Namaf het kennis geneem van die aankondiging van die minister van gesondheid oor die prys vir die Covid-19-entstof. Ons moet egter nog geskrewe kommunikasie van die ministeries ontvang.”

Volgens Mbai kan Namaf in die tussentyd nie enige vrae hieroor beantwoord nie en het sy navrae na die twee betrokke ministeries verwys.

Namibia Health Plan (NHP) se hoofbeampte, mnr. Joern Wiedouw, het namens dié mediese fonds gesê die proses word tans deur Namaf bestuur wat in kontak met die gesondheidsministerie is en voorgestel navrae word aan die vereniging gerig. Volgens Wiedouw het NHP ‘n voordeel vir al sy lede vir voorkomende sorg wat dekking vir entstowwe (ook Covid-19-entstof) insluit.

Me. Esther McLeod, Renaissance se hoofbeampte, sê sekere inligting is, hangend die finalisering deur Namaf en die regering, nog nie duidelik aan mediese fondse nie. Ook sy het navrae na Namaf verwys. McLeod het die versekering gegee dat die fonds se lede op hoogte van alle sake met betrekking tot die fonds gehou word.

Volgens Namibia Medical Care (NMC) se hoofbeampte, me. Alison Begley, is geen inligting tot op hede oor die proses met die fonds gedeel nie. Met inagneming van geen faktuur wat van die ministerie van gesondheid ontvang is nie, sê Begley tot op hede het die fonds net vir Suid-Afrikaanse lede betaal wat hul inentings in Suid-Afrika ontvang het.

“Tot op datum was alle inentings gratis en soos verskaf deur die gesondheidsministerie en skenkings,” het Begley gesê. Volgens haar sal die voorgestelde N$713,68 per dosis gedek word deur lede se dag-tot-dag en of medisynevoordele. Sy het verduidelik dis nie as ‘n spesifieke voordeel uitgesonder nie, omdat dit deel sal wees van ‘n lid se beskikbare fonds en soos vir enige ander inenting.

Mnr. Gert Grobler van Nammed het beaam dat die proses nog nie afgeskop het nie. Volgens hom het Nammed se raad nog nie bespreek van watter voordeel die voorgestelde bedrag per dosis sal deel uitmaak nie. Grobler sê dis nie nodig om dit as deel van vanjaar se voordeelstruktuur vir Nammed-lede in te sluit nie, omdat die voordele beskikbaar is.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!