Private geld rol vir entstof
Die gesondheidsministerie het geen beswaar sou die private sektor kies om dosisse van die entstowwe wat hulle help finansier het, vir hul werknemers en hul huishoudings te oormerk nie.
Henriette Lamprecht – Die private sektor in Namibië is daartoe verbind om ’n rol te vervul en die regering te help in sy pogings om suksesvol die nasionale immuniseringsveldtog teen Covid-19 van stapel te stuur.
Die spanpoging en ondersteuningsprogram deur korporatiewe Namibië wat van banke tot versekeraars insluit, word gesamentlik deur die Bankiersvereniging (BAN) en Namibiese Besparings- en Beleggingsvereniging (NaSIA) as verteenwoordigers van die maatskappye in die finansiële sektor gekoördineer.
Volgens me. Ria Grobler, beleidsontleder by NaSIA, is bydraes “heeltemal vrywillig”.
“Geen geteikende bedrag word daargestel nie en elke entiteit moet intern bespreek en besluit op die spesifieke bedrag wat hulle sal kan bydra,” het sy verduidelik.
’n Bankrekening is reeds deur FNB Namibia opgestel waar die bydraes inbetaal kan word. Grobler sê FNB het ook ’n aanvanklike “afskopbedrag” inbetaal.
“Die rekening is ten volle deursigtig sodat elkeen terugvoering ontvang namate vooruitgang gemaak word,” het sy gesê.
Volgens Grobler verkies die entiteite vir finansiële dienste om geld te beloof wat in die rekening inbetaal sal word. Dié geld sal gebruik word om verskaffers direk te betaal.
’n Vorm is ook geskep en aan deelnemers aan die program uitgestuur waarvolgens hulle hul tot ’n sekere bedrag kan verbind.
“Die entiteite fokus tans op monetêre bydraes eerder as middele of dienste.”
Grobler sê die bedryf mik vir die einde van Maart vir alle vorms van beloofde bedrae om voltooi en by NaSIA en BAN ingedien te word.
FNB ondersoek ook die moontlikheid om ’n liefdadigheidsorganisasie te registreer wat sake vir internasionale skenkers makliker sal maak.
Volgens haar het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geen beswaar sou die private sektor kies om van die dosisse van die entstowwe wat hulle help finansier het, vir hul werknemers en hul huishoudings te oormerk nie.
“Die hantering en administrasie van die entstowwe is egter alleenlik die verantwoordelikheid van die ministerie,” het Grobler beklemtoon.
Werkgewers kan volgens haar moontlik reeds begin om werknemers hiervan bewus te maak en dié te registreer wat geïmmuniseer wil word.
“’n Register met die verwante bio-inligting, ingesluit kontakbesonderhede, moet bygehou word.”
Grobler sê die ministerie onderhandel tans met die ontwikkelaars van sagteware vir die Covid-19-immunisering wat ontplooi sal word vir die registrasie, naspoor en opvolg asook die monitering en uitstuur van kennisgewings aan dié wat die entstof wil ontvang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie