Private hospitaal open kliniek
Veral pasiënte met mediese fondse, wat nie al hul dokterskonsultasies wil opgebruik nie, het ’n behoefte aan ’n kliniek.
Die Rhino Park Private hospitaal het ’n primêre gesondheidsorgkliniek regoor die hospitaal geopen.
Die kliniek fokus onder meer op inentings en papsmere.
Volgens sr. Alna Louw is die kliniek weeksdae van 08:00 tot 17:00 oop en word dit voltyds deur ’n dokter en twee verpleegsusters beman.
“Ons het besef hier is ’n groot behoefte aan ’n kliniek – veral by pasiënte met mediese fondse wat nie al hul dokterskonsultasies wil opgebruik nie. Die kliniek fokus onder meer op minder ernstige siektes soos verkoues, en indien dit iets ernstiger is, kan die dokter die pasiënt onmiddellik na die hospitaal oorkant die straat verwys,” sê Louw.
Volgens haar kan pasiënte voorskrifmedikasie by die hospitaal se apteek kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie